Charné Kemp

Charné Kemp is ’n bekroonde ondersoekende joernalis en skrywer met ’n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns van die Universiteit van die Vrystaat. Sy het naam gemaak deur haar werk vir Netwerk 24 en verskeie gewilde publikasies, waaronder RapportVolksbladBeeldVrye Weekblad, De KatRooi RoseInsig en Sarie. Sy is die skrywer van Moord op Griekwastad en Bloed, dunner as water. Charné het 19 streektoekennings in die Vodacom Joernalis van die Jaar-kompetisie verwerf, onder meer vir haar verslaggewing oor die Griekwastad-moorde. Sy is twee keer genomineer as finalis in die Standard Bank Sikuvile Journalism Awards.

Moord op Pofadder: Freek Robinson gesels met Charné Kemp

Freek Robinson, Charné Kemp Skrywersonderhoude 2022-05-16

Hoekom skryf Charné Kemp oor moord? Hoe pak sy so ’n projek aan? Wat gaan deur haar gedagtes wanneer sy ure in die hof deurbring? Hoe slaap sy snags? Dit, en veel meer, wil Freek Robinson by haar weet in hierdie onderhoud.

Moord verkoop: Freek Robinson stel ondersoek in

Freek Robinson, Marida Fitzpatrick, Julian Jansen, Charné Kemp Menings 2022-05-11

Freek Robinson gesels met Marida Fitzpatrick, Julian Jansen en Charné Kemp oor die skryf van ware misdaad. Hoekom verkoop hierdie boeke so goed? En hoe takel ’n mens so boek?

Top