Casper Lötter

Casper Lötter behaal in 2018 sy PhD in Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is tans ’n konflikkriminoloog verbonde aan Noordwes-Universiteit se Skool vir Filosofie (Potchefstroom) as nadoktorale navorsingsgenoot. Van sy werk het reeds in Conversation Africa verskyn en hy skryf ook gereeld vir Mail & Guardian se Thoughtleader-rubriek. In 2019 was hy ’n nadoktorale beurshouer van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Vonnisbespreking: Konteks en bedoeling – besinning oor die Hoogste Hof van Appèl se haatspraakuitspraak

Casper Lötter LitNet Akademies (Regte) 2025-06-12

"Terselfdertyd [...] is die fiktiewe karakter van die redelik ingeligte persoon ’n onhoudbare niksseggendheid aangesien die omvang van waninligtingsveldtogte op die internet en sosiale media die gedagte aan ’n 'redelik ingeligte persoon' waarlik ’n uitsondering op die reël maak."

Top