Carolina Botha

Carolina Botha is ’n medeprofessor in die Skool vir Professionele Studies in Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU). Sy is ’n voormalige akademiese koördineerder van die Werkgeïntegreerde Leerprogram by dieselfde instelling. Haar navorsing fokus op die ontwikkeling van die professionele identiteit van onderwysstudente. Haar fokus op die emosionele gereedheid van beginneronderwysers en die ervarings van onderwysstudente gedurende werkgeïntegreerde leer is gesetel in die COMBER (Community-based Education Research) Navorsingsentiteit. Carolina is passievol oor voorgraadse onderrig en leer en is ook vereer met die NWU se institusionele toekenning vir onderriguitnemendheid. Haar gemeenskapsbetrokkenheid strook met haar onderrig en fokus op die innoverende gebruike van LEGO® Six Bricks® om die pedagogie van onderwysstudente en onderwysers in praktyk te bevorder.

The improvement of emotional well-being of the LSEN teacher: a participatory action research approach

Hester Hall, Carolina Botha Academic research 2024-11-20

"The 12 participants used the photovoice technique in the first cycle of participatory action research to share their perceptions and experiences of emotional well-being."

Die bevordering van emosionele welstand van die LSOB-onderwyser: ’n deelnemende-aksienavorsing-benadering

Hester Hall, Carolina Botha LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-11-20

"Twaalf deelnemers uit drie LSOB-skole het in die eerste siklus van deelnemende aksienavorsing die fotostemtegniek ('photovoice') gebruik om hul sienings en ervarings van emosionele welstand te deel."

Top