Carolina Botha

Carolina Botha is ’n medeprofessor in die Skool vir Professionele Studies in Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU). Sy is ’n voormalige akademiese koördineerder van die Werkgeïntegreerde Leerprogram by dieselfde instelling. Haar navorsing fokus op die ontwikkeling van die professionele identiteit van onderwysstudente. Haar fokus op die emosionele gereedheid van beginneronderwysers en die ervarings van onderwysstudente gedurende werkgeïntegreerde leer is gesetel in die COMBER (Community-based Education Research) Navorsingsentiteit. Carolina is passievol oor voorgraadse onderrig en leer en is ook vereer met die NWU se institusionele toekenning vir onderriguitnemendheid. Haar gemeenskapsbetrokkenheid strook met haar onderrig en fokus op die innoverende gebruike van LEGO® Six Bricks® om die pedagogie van onderwysstudente en onderwysers in praktyk te bevorder.

A future creating workshop as an online data generation strategy in an action research approach

Suné Erasmus, Carolina Botha, Elma Marais Academic research 2025-05-09

"Academic researchers tend to be creatures of habit, often relying on tried and tested methods to approach and conduct research studies. However, like many sectors globally, academia was not untouched by the COVID-19 pandemic."

Die skep-jou-toekoms-werkswinkel as ’n aanlyn datagenereringstrategie in ’n aksienavorsingsbenadering

Suné Erasmus, Carolina Botha, Elma Marais LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-05-09

"Navorsers word toenemend gemotiveer om te eksperimenteer en innoverend te wees in hul strategieë en navorsingspraktyke. Deur verskillende digitale platforms te gebruik, word die potensiaal ondersoek om meer aktiewe betrokkenheid met deelnemers in uiteenlopende geografiese gebiede te fasiliteer."

The improvement of emotional well-being of the LSEN teacher: a participatory action research approach

Hester Hall, Carolina Botha Academic research 2024-11-20

"The 12 participants used the photovoice technique in the first cycle of participatory action research to share their perceptions and experiences of emotional well-being."

Die bevordering van emosionele welstand van die LSOB-onderwyser: ’n deelnemende-aksienavorsing-benadering

Hester Hall, Carolina Botha LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-11-20

"Twaalf deelnemers uit drie LSOB-skole het in die eerste siklus van deelnemende aksienavorsing die fotostemtegniek ('photovoice') gebruik om hul sienings en ervarings van emosionele welstand te deel."

Top