Carine Terreblanche

Carine Terreblanche het haar BA (VK), BA (Hons) en MA (VK) grade aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Gedurende die 1993/94-akademiese jaar studeer sy aan die Gerrit Rietveld Academie in Amsterdam. Tussen 1994 en 2001 was Terreblanche ’n lektor aan die Universiteit van Stellenbosch. In 2001 verlaat sy die akademie om as onafhanklike goudsmid in Kaapstad te werk. In 2007 keer sy terug na die Universiteit van Stellenbosch en word koördineerder van die Juweliersafdeling by die Department Visuele Kunste.

Die geraamtes van drome / The Skeletons of Dreams

Carine Terreblanche, Naomi Meyer 2013-11-06 Die geraamtes van drome / The Skeletons of Dreams deur Carine Terreblanche, ’n internasionaal-erkende eietydse juwelier, open op 12 November 2013 om 18:30 by die Slee-galery in Stellenbosch. Naomi Meyer het vir Carine Terreblanche hieroor gevra.
Top