Carina Bruwer

Ek het grootgeword in die Vrystaat, waarna ek aan die Universiteit Stellenbosch regte gaan studeer het. Ek het ná my meestersgraad Suid-Afrika vir België verruil om na twee oulike kinders om te sien op die Belgiese platteland. Na my terugkeer het ek my klerkskap gedoen en is in 2014 as 'n prokureur toegelaat. Ek het egter gou besef die 9–5-kantoorwerk werk nie so lekker met my gestel nie en het aan die Universiteit Kaapstad kom studeer. Ek hoop om in Desember 2017 my PhD-graad te verwerf, waarna ek hoop om my kennis te gebruik om die samelewing 'n veiliger en meer verdraagsame plek te maak.

Einstein-kompetisie: Carina Bruwer

Carina Bruwer Einstein-kompetisie 2016-05-05

Carina Bruwer hoop om in Desember 2017 haar PhD-graad te verwerf, waarna sy hoop om haar kennis te gebruik om die samelewing 'n veiliger en meer verdraagsame plek te maak.

Top