Carin Lawrie
Carin Lawrie is ’n onderwyseres by die Privaat Engelse skool, Bridge House, en gee Afrikaans vir immigrante. Sy geniet haar werk baie, deels weens die interessante leerlinge van verskillende lande en deels weens die beeldskone omgewing waarin die skool geleë is. Sy is dol op goeie gedigte, allerhande soorte boeke en films, reis, musiek, fotografie, die natuur en katte. Soms is sy effe halsoorkop, meestal weens opwinding. Al raak sy al lank in die tand, wens sy steeds daar was meer minute in ’n dag vir alles wat sy nóg wil doen, soos meer stap en lees