Carien Zeeman is ’n maatskaplike werker in privaat praktyk in Kaapstad. Haar fokus is maatskaplike werk in forensiese praktyk wat die volgende dienslewering insluit: kinderassesserings, sorg- en kontakondersoeke, ondersoeke na beweerde seksuele misbruik, mediasie en kontak onder toesig.
Carien het in 2014 ’n BA-graad in Maatskaplike Werk aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Daarna het sy in 2015 ’n honneursgraad in die Sielkunde aan die US voltooi. In 2021 behaal sy ’n meestersgraad in Forensiese Praktyk aan die Noordwes-Universiteit.
Sy is ’n geregistreerde maatskaplike werker by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe, asook ’n lid van SAASWIPP en BHF. Haar werksgeskiedenis sluit in statutêre maatskaplike werk by organisasies soos die ACVV, Badisa, Wandisa Adoption Agency en Karl Bremer Hospitaal, asook terapeutiese werk by Community Keepers. In 2019 betree sy die privaat praktyk en gee ook deeltyds klas by die US as toesighouer vir die praktykonderrig van eerstejaar-maatskaplikewerkstudente.
Haar navorsingsfokus sluit aan by haar dienslewering binne die konteks van egskeidings in families. Haar navorsing wat handel oor sosiale merkers van hoëkonflikegskeidings waarby kinders betrokke is, het as geleentheid gedien om begrip van hierdie komplekse familiale verskynsel te ontwikkel en dit in haar dienslewerig te inkorporeer.