Carel van Wyk

Carel van Wyk was vir 12 jaar werksaam by die Kinderleidingkliniek te Welkom. Kinders tot graad 12 met enige psigososiale uitdagings, byvoorbeeld alle vorme van mishandeling, egskeiding, skooluitdagings en gedragsprobleme, is terapeuties deur hom behandel. Carel het dikwels maatskaplikewerk forensiese assesserings gedoen en het ook as deskundige getuie in streekhowe getuig. Hy het ontwikkelingsielkunde deeltyds op honneursvlak in die Departement Sielkunde aan Vista Universiteit, Welkom-kampus, aangebied. Carel is sedert 2006 as lektor by die Departement Maatskaplike Werk by die Universiteit van die Vrystaat werksaam. Hy doseer op voor- en nagraadse vlak vakke soos maatskaplike werk met die kind, maatskaplike werk met gesinne, gevorderde kliniese gevallewerk en forensiese maatskaplike werk. Hy doen sy PhD-studie in maatskaplike werk oor sinchronisiteit in perdondersteunde psigoterapie. Hy verken, beskryf en verklaar hierdie verskynsel primêr vanuit die Jungiaanse siening van sinchronisiteit.

A process evaluation of a traffic offences assignment

Carel van Wyk, Mariëtte Joubert Academic research 2015-12-21

"The traffic offences diversion programme was developed to bring offenders to an understanding that their traffic offence is not only a criminal offence, but may lead to the death or serious injury of themselves, passengers and other people."

'n Prosesevaluering van 'n verkeersoortrederswerkopdrag

Carel van Wyk, Mariëtte Joubert LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-12-21

"Dit het dalk tyd geword dat daar in Suid-Afrika se regstelsel meer voorsiening gemaak word vir doeltreffende rehabilitasieprogramme eerder as blote boetes of tronkstraf."

Guidelines for social workers who forensically assess toddlers

Minette Jacobs, Carel van Wyk Academic research 2015-10-21

"Unfortunately it is a fact that the sexual abuse of children is not abating, and that the younger the child, the higher the risk of sexual abuse. Also, the younger the child, the more challenging it is to do a forensic assessment."

Riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters forensies assesseer

Minette Jacobs, Carel van Wyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-10-21

"Die kognitiewe en taalontwikkelingsvlak eie aan die peuterontwikkelingsfase maak forensiese assessering van die peuter ingewikkeld en dikwels selfs onmoontlik, en peuters kan nie ʼn onderskeid tussen fantasie en realiteit tref nie."

Die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik deur jong vroulike seksoortreders in ’n inwoonsorgsentrum

Mariëtte Joubert, Marisa Pietersen, Carel van Wyk 2012-11-21 "Die doel van hierdie navorsingstudie behels ’n verkennend-beskrywende ondersoek na die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik onder meisies in ’n inwoonsorgsentrum."
Top