Carel van Wyk

Carel van Wyk, ’n geregistreerde maatskaplike werker (SACSSP) en psigometris (HPCSA) met ’n PhD (SW) en ’n HonsBSocSc (Psy)-graad, is ’n maatskaplikewerkopvoedkundige aan die Universiteit van die Vrystaat se Departement Maatskaplike Werk.

Hy was vir 12 jaar by die Kinderleidingkliniek in Welkom werksaam. Hy het terapeutiese dienste aan kinders met gedrags- en emosionele uitdagings, met die besondere klem op seksueel mishandelde seuns, gelewer. Hy het ook as deskundige getuie in kindermishandelingsake in die hof opgetree.

Hy het Ontwikkelingsielkunde op Honneursvlak by Vista Universiteit se Welkom-kampus aangebied en sedert 2006 doseer hy maatskaplike werk op beide voor- en nagraadse vlak aan die UV. Hy bied kursusse aan oor Gestaltspelterapie, gesinsisteemterapie, navorsingsmetodologie, forensiese en skoolmaatskaplike werk en ander maatskaplikewerkmodules. Daarbenewens is hy ’n studieleier vir nagraadse studente. Tans dien hy as die Programdirekteur vir die Departement Maatskaplike Werk. Sy vakkundige uitsette sluit praatjies by konferensies, publisering van navorsingartikels en die dien in komitees op departementele en fakulteitsvlak in. Verder dien hy in die redaksie van onder andere The Qualitative Report.

Carel verkies om die klassieke Jungiaanse teorie te gebruik om psigososiale-spirituele verskynsels te verken, beskryf en verklaar, met ’n besondere belangstelling in beskrywende fenomenologie as ’n kwalitatiewe navorsingsontwerp.

A Jungian and descriptive phenomenological analysis of synchronicities in equine-assisted psychotherapy

Carel van Wyk Academic research 2025-01-10

"Thus, the horse and the client’s space-time unite on a collective unconscious level due to the constellation of the psychoid archetype. The difference in space and time, and between matter and psyche, disappears [...] the client experiences equine-assisted psychotherapy synchronicity as a numinous moment because the supernatural is experienced."

’n Jungiaanse en beskrywend-fenomenologiese ontleding van sinchronisiteite in perdondersteunde psigoterapie

Carel van Wyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-01-10

"Die perd en die mens se ruimtetyd verenig dus op ’n kollektiewe onbewuste vlak as gevolg van die konstellering van die psigoïede argetipe. Die verskil in ruimte en tyd, en tussen die liggaam (materie) en psige (energie) val weg. Die kliënt kan sinchronisiteite as ’n numineuse proses beleef."

A process evaluation of a traffic offences assignment

Carel van Wyk, Mariëtte Joubert Academic research 2015-12-21

"The traffic offences diversion programme was developed to bring offenders to an understanding that their traffic offence is not only a criminal offence, but may lead to the death or serious injury of themselves, passengers and other people."

'n Prosesevaluering van 'n verkeersoortrederswerkopdrag

Carel van Wyk, Mariëtte Joubert LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-12-21

"Dit het dalk tyd geword dat daar in Suid-Afrika se regstelsel meer voorsiening gemaak word vir doeltreffende rehabilitasieprogramme eerder as blote boetes of tronkstraf."

Guidelines for social workers who forensically assess toddlers

Minette Jacobs, Carel van Wyk Academic research 2015-10-21

"Unfortunately it is a fact that the sexual abuse of children is not abating, and that the younger the child, the higher the risk of sexual abuse. Also, the younger the child, the more challenging it is to do a forensic assessment."

Riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters forensies assesseer

Minette Jacobs, Carel van Wyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-10-21

"Die kognitiewe en taalontwikkelingsvlak eie aan die peuterontwikkelingsfase maak forensiese assessering van die peuter ingewikkeld en dikwels selfs onmoontlik, en peuters kan nie ʼn onderskeid tussen fantasie en realiteit tref nie."

Die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik deur jong vroulike seksoortreders in ’n inwoonsorgsentrum

Mariëtte Joubert, Marisa Pietersen, Carel van Wyk 2012-11-21 "Die doel van hierdie navorsingstudie behels ’n verkennend-beskrywende ondersoek na die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik onder meisies in ’n inwoonsorgsentrum."
Top