Einstein-kompetisie: Brian van Vuuren
2016-04-13Brian van Vuuren kom oorspronklik van Durban af en dus (soos jy kan glo) is Afrikaans nie sy moedertaal nie. Hy is al ses jaar op Stellenbosch en hou bitter baie van die dorp. Hy is 'n doktorsgraadstudent, maar werk ook as 'n dosent in die bedryfsdepartement by ingenieurswese.
