Braam Roux

 

A.P.J. (Braam) Roux was 30 jaar aan die Departement Filosofie van Unisa verbonde, sedert 1987 as professor. Hy was etlike jare lank die departementshoof, die visedekaan van Kultuurwetenskappe en lid van talle universiteitskomitees. Ná sy aftrede aan die einde van 1993 het hy twee jaar aangebly as spesiale assistent vir die Dekaan van Lettere en Wysbegeerte. Hy het sy aanvanklike opleiding aan die Universiteit van Pretoria ontvang, waar hy in 1950 ’n BA-graad, in 1953 HOD en1961 die MA-graad in Filosofie met 'n verhandeling oor George Berkeley verwerf. Voor hy by Unisa aansluit, gee hy tien jaar onderwys en doseer twee jaar aan die destydse Pretoriase Kollege vir Gevorderde Tegniese Onderwys. Hy behaal in 1958 die BEd-graad aan die Potchefstroomse Universiteit. Hy studier ook onder prof R.S. Peters aan die London Institute for Education se Filosofiedepartement. In 1985 verwerf hy die DLitt et Phil-graad aan Unisa met die proefskrif “Die leerverskynsel: 'n Filosofiese analise” met prof R.S. Meyer as promotor. Verskeie kandidate het onder sy leiding gepromoveer.

Hy het hom vir 'n filosofietydskrif in Suid-Afrika beywer, en met die hulp van die destydse Buro vir Wetenskaplike Publikasies het die South African Journal of Philosophy/Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Wysbegeerte in 1981 tot stand gekom met hom as eerste redakteur, 'n pos wat hy nege jaar lank beklee het. Hy was medesamesteller van Philosophy from Africa: A Text with Readings (Oxford University Press, 2000) en samesteller van Life, World and Meaning (Unisa). Hy was ook die skrywer van verskeie gepubliseerde artikels en verslae, veral oor die onderrig van Filosofie.
Hy is onverwags op 4 September 2012 oorlede.

Onderweg na goeie wetenskap 4: Evaluasie en kommunikasie

Braam Roux, Fanie de Beer 2013-05-22 "Ewekniebeoordeling vertoon fundamentele gebreke, soos wisselende oordele en ’n onvermoë om werklik nuwe kennis te waardeer. As oorsaak word kruipende subjektiwiteit aangevoer en dit dui op onaanvaarbare aannames oor werklikheid, mens, kennis en wetenskap."

Onderweg na goeie wetenskap 3: Voorwaardes vir die beste moontlike wetenskap

Braam Roux, Fanie de Beer 2011-10-26 Wetenskap beklee ’n uiters belangrike plek in ons wêreld, wat besinning daaroor en pogings om dit te verbeter, verklaar. In hierdie artikel probeer ons rekenskap gee van belangrike aspekte wat in die beste moontlike wetenskap verreken moet word, en wat  ...

Wat is goeie wetenskap? Braam Roux en Fanie de Beer reageer

Fanie de Beer, Fanie de Beer, Braam Roux 2011-03-17 Braam Roux en Fanie de Beer reageer op Wieland Gevers/Susan Veldsman en Melodie Nöthling Slabbert se reaksies op hulle artikel “Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid” in LitNet Akademies se ...

Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid

Braam Roux, Fanie de Beer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-11-26

"Veel sterker nog as die impak van ewekniebeoordeling op goeie wetenskap is die impak van strategie, visie en beleid daarop. In hierdie verband het ons besluit om op twee betekenisvolle dokumente van hierdie aard te fokus."

Onderweg na goeie wetenskap. Ewekniebeoordeling: betroubare weegskaal of vyfde wiel aan die wa?

Braam Roux LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-06-18

"Omdat beoordeling ’n kerndeel van goeie wetenskapsbeoefening uitmaak, is dit die doel van hierdie artikel om hierdie kritiek behoorlik aan die orde te stel en aan deeglike analise en evaluasie te onderwerp wat daarop sal dui dat hierdie stelsel ernstige beperkinge het en dat ’n meer bevredigende beoordelingsbenadering nodig is."

Top