Bert Olivier is Professor in Filosofie aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (vroeër UPE) in Port Elizabeth, Suid-Afrika. Hy is die houer van ’n MA en ’n DPhil in Filosofie, en was by verskeie geleenthede ’n Na-doktorale Genoot aan Yale Universiteit in die VSA, asook ’n Navorsingsgenoot aan die Universiteit van Wallis in Cardiff. By NMMU is hy verantwoordelik vir die onderrig van verskeie subdissiplines van filosofie, sowel as filmstudie, media- en argitektuurteorie, asook psigoanalitiese teorie. Sy publikasies strek oor ’n wye spektrum, insluitend kultuurfilosofie, filosofie van kuns, film, musiek, letterkunde en argitektuur, asook wetenskapsfilosofie, epistemologie, psigoanalitiese, sosiale, media- en diskoersteorie. In 2004 was hy die ontvanger van die Stalsprys vir Filosofie, toegeken deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en in 2005 het hy die toekenning van Topnavorser aan UPE (later NMMU) vir die periode 1999 tot 2004 ontvang. In 2006, 2008 en 2009 is die toekenning van Navorser van die Jaar in die Fakulteit Lettere by NMMU aan hom toegeken, en in 2008 sowel as 2009 is hy ook aangewys as NMMU se Topnavorser. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het ook in 2010 die Akademie/ATKV-prys aan hom toegeken vir sy Afrikaanse artikel "Die kompleksiteit van identiteit in demokrasie" (TGW, 2006) .
Opgedateer/Updated: 2010-05-03
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za