Benda Hofmeyr

Benda Hofmeyr is Professor in die Departement Filosofie aan die Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika. Sy het in Nederland gewoon en gewerk terwyl sy haar doktorale studies en postdoktorale navorsing voltooi het. Sy handhaaf steeds sterk samewerkingsbande met die Radboud Universiteit Nijmegen waar sy haar doktorsgraad in Filosofie verwerf het oor die werk van Foucault en Levinas. Haar navorsingsbelangstellings val binne die breë omvang van hedendaagse kontinentale filosofie (veral denkers wat in Heidegger se voetspore volg met ’n klem op poststrukturalisme en fenomenologie) en haar werk getuig van ’n volgehoue fassinasie met die onontwarbare verstrengeling van die etiese met die politieke. Haar denke word ingelig deur die grensvlakke tussen Europese en nie-Westerse (veral postkoloniale Afrika) filosofie, en die moontlikheid van dialoog oor hierdie oënskynlik uiteenlopende maar fundamenteel verweefde denktradisies. Vir meer inligting oor haar navorsing en publikasies, besoek gerus www.bendahofmeyr.com.

Levinas on the warpath to peace. A critical consideration of the dilemmas with which war confronts Levinas’s thought

Benda Hofmeyr Academic research 2025-03-25

"If war inherently involves a moral suspension, what normative framework can justify calling a war just?"

Levinas op die oorlogspad na vrede. ’n Kritiese oorweging van die dilemmas waarmee oorlog Levinas se denke konfronteer

Benda Hofmeyr LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-03-25

"As oorlog inderdaad ’n opskorting van moraliteit behels, op watter normatiewe grondslag kan die idee van ’n regverdige oorlog geregverdig word?"

From activity to radical passivity: the unfolding of ethical agency in Levinas

Benda Hofmeyr Academic research 2022-08-17

"In the final instance, Levinas maintains that ethics is not vested in the rational weighing of options. According to him it is precisely such rational reflection on responsibility, which implies total freedom of choice, that is responsible for Cain’s sober, calculated coldness."

Van aktiwiteit na radikale passiwiteit: die ontplooiing van etiese agentskap in Levinas

Benda Hofmeyr LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-17

"Vir Levinas is etiek die neem van verantwoordelikheid vir ’n ander wat my wese betekenis gee. Gegraveer in die kern van my wese is ’n verantwoordelikheid wat die koue, sobere, redelike opweging van opsies deur ’n outonome bewussyn voorafgaan."

Liefs nie op straat nie. Die openbare rol van die intellektueel vandag

Benda Hofmeyr LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-05-07

"In hierdie artikel poog ek om die vraag aangaande die openbare rol van die akademikus as intellektueel te kontekstualiseer aan die hand van die hedendaagse globale, neoliberale 'regeer-mentaliteit'."

Top