Basie Viljoen is een van daardie legendariese Afrikaans-onderwysers wat besonder passievol oor sy vak is. Nadat hy in 1980 aan Hoërskool Framesby in Port Elizabeth gematrikuleer het, studeer hy aan die UOVS en behaal sy honneursgraad in Afrikaans en Nederlands. Sy weermagdae lei hom na Oudtshoorn, Namibië en uiteindelik Nelspruit. Basie het 18 jaar lank skoolgehou by Westering High in Port Elizabeth, waar hy departementshoof was. Vanjaar is sy vyfde jaar by St Stithians Boys' College in Johannesburg.
Sover dit sy vakgebied aangaan, is Basie veral geïnteresseerd in assessering. Hy is gereeld betrokke by die opstel van olimpiades en vraestelle vir GET’s (IEB).
Benewens sy bedrywighede as departementshoof by St Stithians, rig hy rugby en tennis af.
Opgedateer/Updated: 2007-02-19
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za