Barrie Gordon

Barrie J Gordon is ’n senior lektor in die Departement Straf- en Prosesreg aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy vakgebied is die Reg van die Internet, spesifiek binne die konteks van die internasionale reg (volkereg), en hy bied verskeie voorgraadse en nagraadse kursusse in hierdie vakgebied aan. Hy doseer ook strafreg.

Hy behaal die grade BA (Regte) (1989), LLB (1993) en LLM (cum laude) (1998) aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit. Hierna behaal hy die graad LLD (2016) aan die Universiteit van Suid-Afrika. Barrie het nog altyd in regsbeginsels aangaande die internet belang gestel. Sy LLM-proefskrif handel oor die regulering van die internet, en hy is ’n medeskrywer van die eerste Suid-Afrikaanse handboek oor internetreg, Cyberlaw@SA. Sy doktorale proefskrif handel oor aspekte van regsbeheer in die konteks van die internet.

Barrie is toegelaat as advokaat van die Hoë Hof van Suid-Afrika. Hy was vanaf 1995 tot 2006 verbonde aan die Technikon Suider-Afrika, waarna hy by die Departement Straf- en Prosesreg by Unisa aangesluit het.

An appropriate legal framework for automated facial recognition in South Africa

Barrie Gordon Academic research 2021-02-15

"The South African legal framework gives too much discretion to individual operators, which increases the possibility of human rights violations. Secondly, it appears that ordinary CCTV footage can be used as a data source for AFR systems."

’n Toepaslike regsraamwerk vir geoutomatiseerde gesigherkenningstegnologie in Suid-Afrika

Barrie Gordon LitNet Akademies (Regte) 2021-02-15

"Die insameling en verwerking van sulke inligting moet aan streng vereistes voldoen, en die Suid-Afrikaanse stelsel bevat wél sulke bepalings, maar dit wil voorkom of die uitsonderings te wyd geformuleer is om op ’n sinvolle wyse menseregteskendings te verhoed."

Regulating of Zero-Rating of Internet Services in South Africa: quo vadis?

Barrie Gordon Academic research 2018-07-26

"Zero rating is a practice that infringes upon network neutrality by favouring certain data over others. ISP’s can use zero rating to strengthen their market share, which could be detrimental to smaller role players."

Regulering van Nulgradering-Internetdienste in Suid-Afrika: quo vadis?

Barrie Gordon LitNet Akademies (Regte) 2018-07-25

"Nulgradering word glad nie gereguleer nie, en die gevolg is dat die mark dit uitbuit deur produkte aan te bied wat hul eie mededingende voordeel ten koste van ander rolspelers verhoog."

Top