Om na stilte te luister: Bacchus Nel gesels oor sy nuwe album, Vaalrivier
2024-01-25"Ek dink die term Afrikaanse musiek is ’n bietjie breed. Dit sluit álles in wat in Afrikaans gedoen word, waar ek voel mens moet so ’n bietjie meer onderskeid tref. Ek sê dit is musiek ín Afrikaans. En ek dink musiek in Afrikaans kan mos wêreldmusiek ook wees."

