Aubrey Golightly

Aubrey Golightly is ’n medeprofessor aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Hy verwerf sy PhD in 2005, waarvoor hy ondersoek ingestel het na die optimalisering van kontaktyd in die bereiking van die leeruitkomste in die opleiding van geografie-onderwysstudente. Die Nasionale Navorsingstigting (NNS) het aan Aubrey ’n C1-gradering (2021–2026) toegeken vir die internasionale erkenning wat hy in geografie-onderwys en probleemgebaseerde leer geniet. Aubrey is die skrywer van verskeie publikasies in internasionaal en nasionaal geakkrediteerde geografievaktydskrifte en -handboeke. Hy het al verskeie internasionale en nasionale navorsingsvoordragte gelewer en is ook ’n redaksielid van die internasionaal geakkrediteerde geografiejoernaal International Research in Geography and Environmental Education”. Hy tree verder op as ’n kritiese beoordelaar van artikels vir verskeie plaaslike en internasionale joernale. Sy navorsingsfokus sluit in aktiewe leer, probleemgebaseerde leer, selfgerigte leer, selfgerigte professionele ontwikkeling en geografie-onderwys. Hy het ook al ’n aantal nagraadse studente in hul studies begelei.

Views of Grade 10 Life Sciences learners on the application of case studies in Life Sciences education

Jhani Pottas (Venter), Neal Petersen, Aubrey Golightly Academic research 2021-10-29

Jhani Venter, Neal Petersen and Aubrey Golightly: "This study is significant for both LS teachers and LS learners because it provides guidelines on how teachers can use case studies in LS education, what the roles of the teachers and the learners are, and how case studies are assessed using rubrics."

Graad 10-Lewenswetenskappeleerders se sienings van die aanwending van gevallestudies in Lewenswetenskappeonderwys

Jhani Pottas (Venter), Neal Petersen, Aubrey Golightly LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-10-29

"Die leerders se algemene mening oor die gebruik van gevallestudies was positief. Die bevindings vanuit die empiriese ondersoek in hierdie studie het daarop gedui dat leerders hulle eie rol asook die rol van die onderwyser by die aanwending van gevallestudies as positief ervaar het."

Top