Arno J. van Niekerk

Arno J. van Niekerk beskik oor ’n PhD in Ekonomie, wat hy in 2009 aan die Universteit van die Vrystaat (UV) behaal het. As ekonoom het hy sedertdien omvattend in nasionale en internasionale akademiese tydskrifte gepubliseer, met ’n fokus op globalisering, internasionale handel en die inklusiewe ekonomie. Hy het ook referate by verskeie nasionale en internasionale konferensies aangebied. Hy is sedert 2003 ’n dosent aan die UV. Hy het verskeie toekennings in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe gekry vir uitstekende werk in onderrig en gemeenskapsdiensleer. Sedert 2011 bied hy ook jaarlikse lesings aan by die Fachhochschule Universiteit in Salzburg (Oostenryk) in hul meestersprogram. Sy grootste akademiese werk tot dusver was die skryf van sy boek, The inclusive economy: Criteria, principles and ubuntu, wat in 2022 gepubliseer is. Hy het wye erkenning ontvang vir hierdie bydrae tot sy vakgebied en dit het ook gelei tot talle gemeenskapsprojekte wat gefokus is op ekonomiese volhoubaarheid.

Inclusive growth, an integral part of an inclusive economy

Arno J. van Niekerk Academic research 2025-09-29

"This article argues that economic inclusion is essential for sustainability, unlocking the economy’s true potential, and fostering collective well-being. By examining the concepts of an inclusive economy and inclusive growth, the study develops a theoretical framework to address these challenges."

Inklusiewe groei, ’n integrale deel van ’n inklusiewe ekonomie

Arno J. van Niekerk LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-09-29

"Gegewe die ekonomie se sterk invloed op sosiale organisering, kan insluiting die broodnodige balanseerfaktor word om die kortsluiting te oorbrug. Konsepte soos ’n inklusiewe ekonomie en inklusiewe groei word in hierdie artikel ondersoek as deel van die ontwikkeling van ’n teoretiese raamwerk."

Top