Anton Kok verwerf die grade BCom (Regte) (1992), LLB (1995) en LLM (1996), almal cum laude, en LLD (2008) aan die Universiteit van Pretoria (UP). Hy voltooi in 1999 sy leerklerkskap as kandidaatprokureur by Deneys Reitz Prokureurs, Sandton, en word in dieselfde jaar as senior lektor in die Departement Regsgeskiedenis, Regsvergelyking en Regsfilosofie in die Regsfakulteit van UP aangestel. In 2010 word hy bevorder tot medeprofessor en aangestel as adjunkdekaan. In 2011 neem hy vir 10 maande waar as dekaan en word met ingang 2014 vir ’n tweede termyn as adjunkdekaan aangestel tot Junie 2018. Sy hoofnavorsingsveld is gelykheidsreg en antidiskriminasiewetgewing. Hy het ’n C2- gradering van die NNS. Hy is tans volprofessor aan die Departement Regsleer.