Anselize

Ek speel met woorde en hoop dat dit sin maak. Skryf is vir my selfterapie. Ek is maar net ek. Hou nie van pretensies en is lief vir die liefde, opregte en eerlike mense. Ek is vrou Ek is ma Ek ouma Ek is vriendin Ek is kind van God 'n Mens wat lief is vir my skepper wat lief is vir my gesin en daarvan hou om minderbevoorregte mense te help veral oumensies in nood en kinders. Ek en my dogter het Athalia Uitreik in Bloemfontein gestig en is dit 'n voorreg om ander te help. http://athalia.co.za. In kort ek is lief vir die liefde, opregtheid en eerlikheid en hou nie van die negatiewe dinge in die lewe. Agtergrond: Ek is in Steynsrus gebore en het daar gematrikuleer, het 13 jaar in Bethelhem gebly en woon nou reeds 18 jaar in Bloemfontein. Ek is getroud met Johann Coetzee ons het twee lieflike kinders Annelize en Pieter. My twee kleinkinders Ilzene en Michael-John is baie diep in my hart.

Jollie Jik-fees

Anselize 2013-03-21 Dit is 'n Afrikaanse Kuns- en Kultuur-fees ...
Top