Annette van der Merwe

Annette van der Merwe is gebore en geto? in die Waterberge. Nadat sy aan die Nylstroomse Ho?rskool gematrikuleer het, studeer sy aan verskillende universiteite en behaal die grade BProc (UP), LLB (Unisa), LLM (UP) en PhD (Rhodes). Haar loopbaan begin as staatsaanklaer. ‘n Paar jaar later tree sy (aanvanklik deeltyds) tot die akademie toe en lê ook die Pretoriase balie-eksamens af. Sy is tans medeprofessor in die Departement van Prosesreg by die Universiteit van Pretoria en doseer in die vakke bewysreg en strafprosesreg en die LLM in prosesreg. Haar navorsingsfokus is op verhoor- en vonnisaangeleenthede: kinders in die strafregstelsel, die vonnisproses, slagofferregte en benaderings soos herstellende geregtigheid en terapeutiese regsleer. Sy is outeur en mede-outeur van verskeie artikels, aantekeninge en hoofstukke in handboeke. Sy het verder al etlike referate by sowel nasionale as internasionale konferensies gelewer.

Postvonnis-regte en verwagtinge van slagoffers en oortreders in geweldsmisdade met verwysing na die rolprent The secret in their eyes

Annette van der Merwe 2013-03-18 "Suid-Afrikaanse slagoffers van gewelddadige misdade soos verkragting en moord kan tans verwag dat lewenslange gevangenisstraf as die swaarste moontlike vonnis aan hul oortreders opgelê word. Na vonnisoplegging is die werklike termyn van aanhouding wat uitgedien moet word, nie net vir die oortreder van belang nie, maar ook vir die slagoffer."
Top