Annette Snyman

Annette Snyman behaal in 2007 die BA Gedragswetenskappe-graad met lof aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom) en in 2008 die graad BA Arbeidsverhoudinge Honneurs aan dieselfde universiteit. In 2014 verwerf sy die MPhil in arbeidsverhoudinge aan die Universiteit van Pretoria. Haar verhandeling handel oor die effek van regstellende aksie op die psigologiese kontrak in 'n tersiêre instelling.

Sy is sedert 2009 werksaam as dosent in die Departement Menslikehulpbronbestuur aan die Universiteit van Suid-Afrika, waar sy hoofsaaklik akademiese onderrigprogramme in ’n oop afstandsonderrigomgewing ontwikkel en implementeer. As deel van haar take is sy betrokke by ’n gemeenskapsontwikkelingsprojek, Khulisa Abantu, waar sy  ’n organisasie wat deur vrywilligers bedryf word, bystaan op die gebied van menslikehulpbronnebestuur en -mentorskap. Voorts dien sy in verskeie komitees in haar departement en in die Kollege vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Sy doen ook modereerwerk vir Southern Business School.

Annette het ’n bydrae vir Human resource management in South Africa – 2015 (5de uitgawe)gelewer en haar artikel oor “The psychological contract in relation to employment equity legislation and intention to leave in an open distance higher education institution” word in Julie 2015 in die South African Journal of Labour Relations gepubliseer.

Verbreking van die psigologiese kontrak tussen werknemer en werkgewer, en gedingsvatbare persoonlikheidskrenking

Johann Neethling, Annette Snyman LitNet Akademies (Regte) 2015-03-06

"Afgesien van die formele, skriftelike dienskontrak tussen werkgewers en werknemers, bestaan daar ook ’n stel ongeskrewe wedersydse verwagtinge tussen hierdie partye: sogenaamde psigologiese kontrak."

Top