Annelize Crosby

Annelize Crosby is sedert 2017 hoof van Grond en Regsake: Agri SA. 

Sy is op 16 November 1966 in Pretoria gebore en het in 1984 aan Hoërskool Silverton matrikuleer. Sy verwerf die grade BLC, LLB en LLM aan die Universiteit van Pretoria; haar meestersgraad is in konstitusionele praktyk. 

Sy word toegelaat as prokureur in 1993 en praktiseer by die firmas Getz, Behr en Mendel Cohen en MacRobert Ingelyf, asook vir eie rekening. 

Annelize doseer handelsreg, uitleg van wette en inheemse reg by die Universiteit van Pretoria van 1993 tot 1995. 

Sy is regsadviseur van Agri SA van 1996 tot  2003, en praktiseer as prokureur by MacRobert Ingelyf van 2003 tot 2004. 

Sy werk van 2004 tot 2017 op kontrakbasis vir Agri SA: Regs- en Beleidswerk en parlementêre skakeling en is reeds vir meer as 25 jaar betrokke by beleidswerk, veral op die terrein van grondsake.

Annelize het al aan tientalle konferensies en werkswinkels oor grond deelgeneem, tree dikwels op radio en TV op, en het aan talle NEDLAC- en ander onderhandelingsprosesse oor wetgewing deelgeneem. 

Sy is met Charles Crosby getroud.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Annelize Crosby

Freek Robinson, Annelize Crosby Onderhoude 2021-09-01

Wat kan positief aan grondhervorming wees? Wat van voedselsekerheid? En onsekerheid vir buitelandse en binnelandse beleggers? Freek Robinson gesels met Annelize Crosby, hoof van Grond en Regsake: Agri SA.

Onteieningswetsontwerp: ongrondwetlik of noodsaaklik?

Annelize Crosby Seminare en essays 2016-06-14

"Die wetsontwerp maak voorsiening vir die onteiening van eienaarskap teen vergoeding en nadat ‘n billike proses gevolg is. Dit bepaal nêrens dat persone summier uit hulle huise gesit kan word ... sonder ‘n hofbevel nie."

Top