Anneli Loubser

Anneli Loubser het die grade BA (Regte) en LLB verwerf by die Universiteit van Pretoria, en ’n LLM in korporatiewe reg en LLD aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).

Sy is ’n toegelate prokureur, notaris en aktevervaardiger en het verskeie jare in Pretoria as prokureur gepraktiseer.

Sy is ’n professor in die Departement Handelsreg by Unisa en vakhoof vir maatskappyereg, insluitende korporatiewe insolvensiereg en ondernemingsredding. Sy is een van die aanbieders van die Certificate in Advanced Corporate Law and Securities Law by Unisa se Sentrum vir Besigheidsreg en van die Advanced Course in Business Rescue Practice wat deur Unisa in samewerking met die Law Society of South Africa se Legal Education and Development Directorate (LEAD) aangebied word. Sy is verder ook betrokke by die Turnaround Management Association se Certified Rescue Analyst-program wat deur die Universiteit van Pretoria aangebied word.

Anneli is ’n lid van die Litigasiekomitee van die Raad op Finansiële Dienste en was ’n lid van die subkomitee oor ondernemingsredding van King 3. Sy is deur die Nasionale Navorsingstigting (NRF) as ’n C1-navorser erken. Sy publiseer nasionaal en internasionaal en het reeds by verskeie konferensies in Suid-Afrika en in die buiteland referate gelewer. Sy is ’n lid van INSOL International en van INSOL-Europe, asook plaaslik van SARIPA en TMA-SA.

Failure to comply with the prescribed procedures after filing of a board resolution to commence business rescue proceedings: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel the (correct) answer?

Anneli Loubser Academic research 2016-10-28

"The article points out several uncertainties and problems resulting from this judgment and shows that although the court was strongly influenced by its desire to prevent the abuse of business rescue proceedings in this particular case, the judgment has in fact now opened the doors for more and even worse instances of abuse."

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van ’n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord?

Anneli Loubser LitNet Akademies (Regte) 2016-10-28

"Die feit is egter dat die moontlikheid nou geskep is vir veel groter misbruik deurdat direkteure met die proses kan begin om voordeel trek uit die gevolge wat outomaties intree, maar vir ’n onbepaalde tydperk geen kennis aan geaffekteerde persone gee nie, en ook nie ’n ondernemingsreddingspraktisyn aanstel wat hul magte en bevoegdheid sal beperk nie."

Top