Ankebé Kruger

Ankebé Kruger is ’n senior lektor en geregistreerde sielkundige aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus en is aan die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (Centre for Health & Human Performance) verbonde. Sy verwerf haar graad in BCom Sport- en rekreasiebestuur asook haar honneurs, MSc en PhD in sportwetenskap aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Verder verwerf Ankebé ook ’n honneurs, MSc en PhD in sielkunde aan die Noordwes-Universiteit. Sy is ook ’n geregistreerde sielkundige by die Health Professions Council of South Africa en voor haar huidige pos was sy vir 12 jaar ’n lektor by Menslike Bewegingskunde aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Haar navorsing fokus op sportsielkunde en die algemene geestelike gesondheid en welstand van studente-atlete en val onder die navorsingseenhede PhASRec en COMPRES van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die NWU.

Impact and the interpersonal approach: A critical analysis of the person-centred approach to commercial forensic interviewing

La-Rochelle Bekker, Constant van Graan, Ankebé Kruger Academic research 2025-02-21

"The objective of this study is therefore to critically discuss the interpersonal relationship in the context of commercial forensic interviews, as well as to determine the impact of the forensic practitioner on the interviewee (and vice versa)."

Impak en die interpersoonlike benadering: ’n Kritiese analise van die persoongesentreerde benadering tot kommersiële forensiese onderhoudvoering

La-Rochelle Bekker, Constant van Graan, Ankebé Kruger LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-02-21

"Die doel van hierdie artikel is [...] om die interpersoonlike verhouding in die kommersiële forensiese konteks krities te bespreek, asook om die impak van die forensiese praktisyn op die ondervraagde (en andersom) vas te stel."

Top