Anita van der Merwe

Anita van der Merwe is professor emerita aan die Universiteit Stellenbosch. Sy verwerf haar  doktorsgraad aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, ’n meestersgraad in intensiewe verpleegkunde en honneursgrade in filosofie en verpleegkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Anita was hoof van die Departement Verpleegkunde aan die Universiteit Stellenbosch en die Skool vir Verpleegkunde, Universiteit van die Vrystaat, asook medeprofessor aan die Universiteit van KwaZulu-Natal. Haar kliniese ervaring sluit in haar rol as hoof van verpleegdienste van die eertydse Pelonomi Akademiese Hospitaal in Bloemfontein.

Anita is die voorsitter van een van twee ekwivalente gesondheidsorgetiekkomitees in die Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en dien ook as lid van die Universiteit Stellenbosch se senaatskomitee getaak met navorsingsetiek.

Sy beskik oor ryke ervaring as konsultant in verskeie lande in die Midde-Ooste, soos die Verenigde Arabiese Emirate, Oman, Saoedi-Arabië en Bahrein en dien ses jaar lank as voltydse adviseur vir die Federale Departement van Verpleegkunde, Departement Gesondheid van die Verenigde Arabiese Emirate. Sy tree op as konsultant vir die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en vir internasionale projekte, soos ’n opleidingsprogram vir verpleegkundiges rakende gepaardgaande diabetes mellitus en depressie wat in vyf Afrika-lande deur ’n multidissiplinêre span aangebied is.

Anita het in verskeie nasionale organisasies as bestuurslid opgetree, byvoorbeeld die Akademie van Verpleegkunde van Suid-Afrika (Ansa), waar sy tot onlangs as president gedien het, en die Forum van Universiteitshoofde van Verpleegkunde in Suid-Afrika (Fundisa).

Anita is aktief betrokke by die voorbereiding van publikasies en was ook mede-outeur  van twaalf sulke publikasies van 2019 tot nou. Haar navorsingskundigheid lê by kwalitatiewe navorsing, veral fenomenologiese en gemengde-metodes-navorsing. Sy het reeds verskeie meesters- en doktorale kandidate begelei op gebiede soos leierskap en gemeenskapsgesondheid en -onderrig. Sy tree op as eksaminator vir diesulke grade by verskeie universiteite in Suid-Afrika en is gereeld lid van doktorale kundigheidspanele wat protokolvoorleggings assesseer.

Barriers in cross-linguistic and cross-cultural paediatric speech-language therapy and strategies for promoting culturally safe practices: a scoping review

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe Academic research 2021-12-14

"Culturally and linguistically diverse countries such as South Africa require speech-language therapy services that are accessible and culturally safe."

Struikelblokke in kruislinguistiese en -kulturele pediatriese spraak-taalterapie en strategieë vir die bevordering van kultuurveilige praktyke: ’n omvangsbepaling

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-14

"In ’n kultureel en linguisties diverse land soos Suid-Afrika bestaan daar ’n belangrike behoefte om spraak-taalterapiedienste te lewer wat kultuurveilig van aard is."

Top