Anina Roux

Anina Roux is ’n vryskutjoernalis en woon in Johannesburg. Sy het byna 40 jaar se ondervinding in die saamstel van verskillende soorte blokkiesraaisels, blokraaisels en woordspeletjies, in beide Afrikaans en Engels, sowel as verskeie tipes Sudoku's. Anina se naam het oor die jare sinoniem geword met professionaliteit en met pasgemaakte raaisels wat betyds aan publikasies gelewer word. Die groeiende vraag na haar kreatiewe werk het tot gevolg gehad dat sy die besigheid moes uitbrei. So is die familiesaak XWord gebore. Vandag bestaan XWord uit sewe mense wat verskeie raaisels en woordspeletjies vir uiteenlopende publikasies en klante in Suid-Afrika en selfs in die buiteland saamstel en redigeer.

XWord: ’n onderhoud, ’n blokkiesraaisel en ’n boekprys

Liné Loff, Anina Roux Leefstyl 2017-09-26

Anina Roux, samesteller van verskillende soorte blokkiesraaisels, blokraaisels, woordspeletjies en Sudoku's, gesels met Liné Enslin en deel 'n blokkiesraaisel met LitNet se lesers. Los die blokkiesraaisel teen 6 Oktober 2017 op, stuur jou antwoorde vir ons en jy kan twee blokkiesraaiselboeke van LAPA wen!

Top