Anet Magdalena Smit

Anet Smit is ’n professor aan die NWU Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom, Suid-Afrika. Sy het haar PhD in Finansiële Rekeningkunde gedoen oor: “Die finansiering van franchises”. Sy was aktief betrokke by die rekeningkundige beroep voor haar terugkeer na die akademiese wêreld. Haar akademiese loopbaan het begin as ’n dosent in Finansiële Rekeningkunde, maar is gestimuleer en het gegroei na die vakgebied van Bestuursrekeningkunde. Die grootste gedeelte van haar akademiese loopbaan is gespandeer deur Bestuursrekeningkunde te doseer op die MBA-program. Anet het artikels in die veld van franchises gepubliseer, terwyl sy eienaar van haar eie franchise besighede was. Tans is omgewingsvolhoubaarheid en sosiale verantwoordelikheid van haar belangrikste fokuspunte en haar navorsing is meer gerig op Volhoubaarheidsopenbaarmaking, Omgewingsbestuursrekeningkunde (EMA) en Geïntegreerde verslagdoening. Anet is entoesiasties oor kwaliteit, en in hierdie aspek was sy ook die Bestuurder van Gehalte en Internasionale akkreditasies by die NWU Besigheidskool.

Investigating the economic viability of commercial olive farming in the North-West Province of South Africa

Anet Magdalena Smit, Wessel Johannes Badenhorst, Marthinus Jacobus Botha Academic research 2023-12-04

"The study will promote awareness of the economic viability of olive farming. If olive farming is economically viable and farmers adopt it, it will create jobs and stimulate the economy."

Ondersoek na die ekonomiese lewensvatbaarheid van kommersiële olyfboerdery in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika

Anet Magdalena Smit, Wessel Johannes Badenhorst, Marthinus Jacobus Botha LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-12-04

"Die studie sal bewustheid van die ekonomiese lewensvatbaarheid van olyfboerdery bevorder. As olyfboerdery ekonomies lewensvatbaar is en boere dit aanvaar, sal dit werk skep en die ekonomie stimuleer."

Top