Anél Strampe
Anél Strampe behaal haar BCom en LLB (cum laude) onderskeidelik in 2006 en 2008 aan die Universiteit van die Vrystaat. Hierna doen sy haar leerklerkskap as kandidaat-prokureur by Honey Prokureurs in Bloemfontein en word toegelaat as prokureur in 2010. Gedurende hierdie jaar voltooi sy ook die Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning aan die Vrystaatse Universiteit. In 2011 aanvaar sy ? aanstelling as junior lektor in die Departement Handelsreg waar sy steeds werksaam is, en sy behaal die LLM-graad in 2013.