Andreas Baumann

Andreas Baumann is medeprofessor in digitale linguistiek aan die Departement Duitse Studies van die Universiteit van Wene.

Hy bied ook gereeld kursusse aan oor rekenaarlinguistiek en natuurliketaalverwerking by die Adam Mickiewiczk Universiteit in Pozn in Pole.

Baumann het algemene en toegepaste taalkunde sowel as wiskunde aan die Universiteit van Wene studeer (2005–2013).

Hy het sy PhD in kognitiewe wetenskap verwerf (2018). Tydens sy PhD-studie, waarin hy aan die modellering van evolusionêre dinamika van die fonotaksis van Engels, Pools en Afrikaans gewerk het, was hy besoekende navorser aan die Universiteit Stellenbosch en die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese Modellering en Analise.

Van 2019 tot 2022 was hy hoofondersoeker in twee projekte oor semantiese en emosionele dinamika in Oostenryks-Duits.

Tot 2023 was hy koördineerder vir Digitale Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Wene. In sy navorsing kombineer Baumann metodes uit wiskundige ekologie, datawetenskap en korpuslinguistiek om die evolusie, kompleksiteit en diversiteit van tale te ondersoek.

Vowel spaces of the varieties of Bruinafrikaans

Daan Wissing, Andreas Baumann, Wikus Pienaar Academic research 2023-10-01

"We analysed and interpreted speech recordings of the reading of a standardised word list by 346 speakers from ten recording areas in Southern Africa to achieve the stated objective. Of these areas, four are in the Western Cape, two in the Northern Cape, a few in the Eastern Cape, one each in the Free State and North West, as well as one in Namibia."

Die vokaalruimtes van Bruinafrikaanse variëteite

Daan Wissing, Andreas Baumann, Wikus Pienaar LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-10-01

"Die gegewe dat daar soveel bruin sprekers van Afrikaans in en om Gobabis in Namibië voorkom, en die insluiting deur Ponelis (1992) van dele van Namibië in sy hoofindeling van Noordwestelike Afrikaans, regverdig die insluiting van hierdie streek as ’n opnamegebied van ons ondersoek. Baie van die bruin mense hier identifiseer hulleself as Basters, Kleurlinge, Namas, Herero’s en Ovambo’s, wat dit ’n ryk versameling Afrikaanssprekendes maak en dit die moeite werd maak om hulle uitspraak in te sluit by en te vergelyk met dié van die Suid-Afrikaanse bruin sprekers."

Top