André Pelser

André Pelser (Ph.D.) is tans professor in die Departement Sosiologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein, asook senior navorsingsgenoot in die Sentrum vir Ontwikkelingsteun. Sy spesialiteitsveld sluit in toegepaste sosiale navorsing en die implikasies van veranderende bevolkingsdinamika vir menslike ontwikkeling en die omgewing. Hy onderrig in verskeie magisterprogramme, onder meer ontwikkelingstudies, omgewingsbestuur en volhoubare landbou, oor die interaksie tussen bevolking, ontwikkeling en omgewingsvraagstukke en koördineer die Bevolking-Omgewing-Ontwikkeling koppelvlak opleidingsprogram aan die UV in samewerking met Leadership for Environment and Development (LEAD International), die nasionale Departement van Sosiale Ontwikkeling, die United Nations Population Fund (UNFPA) en South African National Parks (SANPARKS). Hy is die outeur/ mede-outeur van meer as 100 publikasies in die vorm van portuur-geëvalueerde artikels, boeke, hoofstukbydraes in boeke en navorsingsverslae. Hy het konsultasiewerk gedoen vir ’n groot aantal nasionale en internasionale organisasies en agentskappe, asook verskeie provinsiale en nasionale staatsdepartemente, munisipaliteite en mynmaatskappye. Hy dien gereeld as keurder vir etlike vaktydskrifte en is assistent-redakteur van die vaktydskrif Acta Academica. Hy is ook ’n gereelde paneellid en eksterne keurder van navorsingstoekennings vir die Nasionale Navorsingstigting, die Waternavorsingskommissie en die International Foundation of Science (Sweden).

 

Opgedateer/Updated: 2009-12-09

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Enkele tendense en uitdagings op die koppelvlak van bevolking, ontwikkeling en omgewing in Suid-Afrika

André Pelser LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-12-08

"Sedert die Bevolkingsbeleid vir Suid-Afrika in 1998 in die Parlement ter tafel gelê is, was daar toenemende erkenning van owerheidskant van die verwantskap en interaksie tussen bevolking, plek en ontwikkeling, asook die koppeling tussen menslike aktiwiteite en die omgewing."

Top