André Boraine (BIur LLB (Pretoria), LLM (Witwatersrand, LLD (Pretoria)) is ’n professor in regsgeleerdheid en verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Hy spesialiseer in insolvensiereg, op welke gebied hy gereeld referate by konferensies en seminare lewer. André het wyd in die veld gepubliseer en is ook die medeskrywer van die standaard- Suid-Afrikaanse handboek vir die vakspesialis getiteld Meskin: The law of insolvency. Deur die jare het hy as konsultant vir die Wêreldbank gedien. Hy is ook ’n aktiewe lid van Insol International en ’n erelid van Saripa. Hy beskik oor ’n B2-NRF-gradering.
E-posadres: andre.boraine@up.ac.za
ORCID iD: 0000-0003-4115-4287