Ampie Coetzee

Ampie Coetzee is in 1939 gebore. Hy studeer aan die Universiteit van die Witwatersrand, waar hy sy doktorsgraad ontvang onder NP van Wyk Louw. Hy studeer verder by die Rijksuniversiteit van Ghent in België. Ampie Coetzee het klasgegee by die Universiteit van die Witwatersrand, die Universiteit van Natal (Durban), en ook as gasprofessor in Duitsland (die Universiteit van Essen) en Nederland (die Universiteit van Utrecht). Hy is tans by die Universiteit van Wes-Kaapland.

Sedert 1962 het hy al twaalf boeke gepubliseer, as redakteur en as skrywer, onder andere twee bloemlesings, met inleidings, van die poësie van Breyten Breytenbach, waarvan die jongste Die Hand vol Vere (Human & Rousseau) is. Sy mees onlangse publikasie is ‘n Hele Os vir ‘n ou Broodmens. Grond en die plaasnarratief sedert 1595 (Human & Rousseau, Van Schaik, 2000).

Sy belangstelling lê hoofsaaklik by die verhouding tussen letterkunde en samelewing, en letterkunde en politiek. Op daardie gebiede het hy reeds baie in geakkrediteerde tydskrifte gepubliseer.

Vanaf 1975 tot 1990 was hy direkteur van ‘n niewinsgewende uitgewersmaatskappy Taurus, wat literêre manuskripte gepubliseer het wat as gevolg van die vorige regering se Wet op Publikasies verbied sou gewees het. Die maatskappy het ontbind met die koms van demokrasie na Suid-Afrika.


 

Opgedateer/Updated: 2007-04-16
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info outdated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Estetiek en rykdom van metafore dwing jou om Piet van Rooyen se kwansuis noukeurig te lees

Ampie Coetzee 2008-12-04 Daar het al ses prosawerke en drie digbundels van Piet van Rooyen verskyn. Sy jongste bundel, kwansuis, is uitgegee deur Human & Rousseau.

Die metafoor geslaagd sentraal in Ilse van Staden se fluisterklip

Ampie Coetzee 2008-09-09 fluisterklip is Ilse van Staden se tweede digbundel, ná Watervlerk.

Mense en grense
2005

Ampie Coetzee 2007-06-13 Verraaiers en profete: Afrikanerdissidente intussen Gerrit Brand se uitnodiging aan my om deel te neem aan dié gesprek eindig so: Hoe voel dit om 'n dissident te wees? Wat dryf 'n mens daartoe? En is dit die moeite werd? Hoe dink die ...
Top