Amanda van Wyk

Ek is Amanda van Wyk, 'n werknemer van die Suid-Afrikaanse Polisiediens vir die afgelope 12 jaar. Ek het my studies aan die Universiteit van Suid-Afrika in 2005 begin en my studie met mening aangepak. Ek is nie ‘n dag spyt dat ek my bekwaam het in kommunikasiewetenskap nie. In 2010 voltooi ek my BA-graad in kommunikasiewetenskap en in 2013 my Honneurs BA-graad in organisatoriese kommunikasie. Ek is tans 'n persoonlike assistent vir die provinsiale speurhoof van Gauteng. Ek neem aktief deel aan verskeie gemeenskapsprojekte en bewusmakingsveldtogte. My toekomsplanne is om ‘n gemeenskapsradio op die been te bring asook om ‘n vrouebemagtigingsprojek aan te pak: Superwoman Academy. Ek hou baie van sport en beoefen graag veldwedlope (“park runs”) en hou myself fiks deur gimnasium toe te gaan of boksklasse by te woon. My navorsing wat ek aangepak het met my honneursgraadstudie het behels om vas te stel hoe effektief in die SAPS gekommunikeer word onder werknemers.

Einstein-kompetisie: Amanda van Wyk

Amanda van Wyk Einstein-kompetisie 2016-07-25

Amanda is 'n werknemer van die Suid-Afrikaanse Polisiediens vir die afgelope 12 jaar.

Top