Allison Matroos

Allison Matroos is op Atlantis gebore en voltooi haar hoërskoolloopbaan by Atlantis Sekondêre Skool. Sy verwerf in 2021 haar BA (Taal en Kultuur) aan die Universiteit Stellenbosch. Sy studeer verder en behaal ’n BA Honneursgraad in Afrikaans en Nederlands in 2022, steeds by die Universiteit Stellenbosch. Daarna begin sy met haar magisterstudie in Afrikaans en Nederlands en is tans daarmee besig. Die onderwerp van haar studie is: “’n Ondersoek na die gebruik van gedigte vir tweedetaalstudente op universiteitsvlak aan die hand van die taakgebaseerde benadering: ’n gevallestudie”. In 2021 is sy as tutor in Afrikaanse Taalverwerwing in die Departement Afrikaans en Nederlands aangestel en dit is waar haar liefde vir taalverwerwingsonderrig en gedigte aangewakker is. Haar studie fokus daarop om gedigte in die Afrikaansetaalverwerwingsklas effektief aan te wend ten einde studente se woordeskat en taalbegrip te verbeter.

USAN-kongres 2024: ’n onderhoud met Allison Matroos

Naomi Meyer, Allison Matroos Onderhoude 2024-02-06

"My navorsing gaan oor die gebruik van gedigte in die taalverwerwingsklas om die taalaanleerproses vir taalaanleerders te vergemaklik. My leefwêreld en taalbegrip is deur middel van gedigte verryk en ek wou aan ander die geleentheid bied wat ek gehad het."

The use of poems for Afrikaans second-language acquisition students in a task-based approach: a case study

Allison Matroos LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-17

"This article looks at the efficacy of using poetry as a means of improving language acquisition for first-year Afrikaans second-language students within a task-based approach [...] [and] looks at how poetry can be an aid in university linguistics classes; used as reading strategy practice; expand intellectual perspectives and promote cognitive growth; and foster a bond with an additional language, thus motivating language acquisition."

Die gebruik van gedigte vir Afrikaanstweedetaalstudente in ’n taakgebaseerde benadering: ’n gevallestudie

Allison Matroos LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-17

"Dit wil voorkom of die gebruik van gedigte in die taalverwerwingsklas wél studente se woordeskat en begrip van Afrikaans kan verbeter. Die taakgebaseerde benadering het ten doel om studente prakties en teoreties met taal te laat omgaan. Gedigte prikkel taalaanleerders se kreatiwiteit en wek in hulle ’n aanvoeling vir taal."

Top