Alfred Henrico

Prof. Alfred Henrico is verbonde aan die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe van die Noordwes-Universiteit. In hierdie hoedanigheid doseer hy verskeie bestuursgerigte modules op voorgraadse en nagraadse vlak, wat onder andere insluit Algemene Bestuur, Entrepreneurskap, Strategiese Bestuur en Kleinhandelbestuur. Sy uitgangspunt is dat dosente aan hoëronderwysinstellings nie alleen vakkundiges moet wees nie, maar ook oor besondere onderrigkennis en -vaardighede moet beskik. Benewens sy besigheidsbestuursverwante navorsing, fokus hy ook op die bestuursandragogie. Sy navorsing word nasionaal en internasionaal gepubliseer en in terme van sy onderrigvermoë het hy al nasionale en internasionale blootstelling en erkenning ontvang.

 

Students’ experiences of different delivery modes in a postgraduate diploma in management

Alfred Henrico, Nelda Mouton Academic research 2021-02-23

"Overall, the qualitative results revealed that the differences in the participants’ experiences of teaching in the asynchronous online and mixed delivery modes revolved mainly around the way in which lecturers supported them to master the learning outcomes, as well as the teaching methods they were exposed to."

Studente se ervarings van verskillende afleweringsmodusse in ’n nagraadse diploma in bestuur

Alfred Henrico, Nelda Mouton LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-02-23

"Alhoewel dit in die minderheid was, het sommige studente in beide afleweringsmodusse wel ooreenstemmende negatiewe ervarings gehad ten opsigte van die wyse waarop hulle ondersteun is om te leer, dosentinteraksie, tydigheid van kommunikasie en die standaardisasie tussen die onderskeie modules in die program."

Die ontwikkeling van onderwysstudente se hoërorde kognitiewe vaardighede

Alfred Henrico 2014-11-05 Hierdie navorsingsartikel ondersoek die wese van hoërorde kognitiewe vaardighede en die onderrigstrategieë wat dosente kan kombineer om onderwysstudente se hoërorde kognitiewe vaardighede te ontwikkel sodat hulle weer hierdie vaardighede by leerders kan ontwikkel.
Top