Alden November

Ek is Alden November. Ek het groot geword in ’n plek genaamd Uitsig en het baie min ambisies en drome gehad. In ’n plek waar bendegeweld en dwelmmisbruik seëvier, is ek net ’n baie rustige persoon wat net wil oorleef en sy jong lewe wil geniet.

My passie vir skryf het eers op hoërskool begin. In gr. 10 het ’n onderwyser my talent vir skryf raakgesien en my aangemoedig om te begin skryf.

WF 2015: Eindtyd

Alden November Kuberklas Kreatief 2015-05-23

Ek het lanklaas na die sterre gekyk. Die maan is volmaak, met sy goue kring om hom. Rondom sit elke ster, netjies op sy plek. Die gevoel daarvan was ’n tydelike ontsnapping uit die realiteit, maar steeds goed genoeg om in te marineer.

Top