Albert Weideman

Albert Weideman is 'n professor in toegepaste taalstudie en senior navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy akademiese werk fokus op die assessering van taalbeheersing, spesifiek op die ontwerp en ontwikkeling van taaltoetse. Hy het in 1983 'n MA in linguistiek en toegepaste linguistiek (cum laude) behaal aan die Universiteit van Essex, en in 1987 die DLitt (UV) met 'n proefskrif getiteld “Applied linguistics as a discipline of design: A foundational study”. Hy is 'n gegradeerde navorser by die Nasionale Navorsingstigting, het meer as 50 artikels in geakkrediteerde tydskrifte gepubliseer, en is die skrywer van etlike boeke. Sy Beyond expression: A systematic study of the foundations of linguistics (2009) is baie positief deur resensente ontvang, asook A framework for the study of linguistics (2011). Hy het gedien in die bestuur van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Toegepaste Linguistiek, en dien tans in die redaksies van drie geakkrediteerde vaktydskrifte. Hy het al gaslesings aangebied by die Universiteite van Duitsburg, Leuven, Minnesota, Alberta, Maryland, Pittsburgh, Antwerpen, Tilburg, die Radboud Universiteit (Nijmegen), die National University of Singapore, Nanyang Technological University, en die Rijksuniversiteit Groningen. Sy bydraes oor verantwoordelike ontwerp bring taaltoetsing telkens in verband met die grondslae van sy vakgebied, die toegepaste taalkunde.

 

'n Gesprek oor huistale: Estelle Kruger gesels met Albert Weideman, Sanet Steyn en Colleen du Plessis

Albert Weideman, Sanet Steyn, Estelle Kruger Onderhoude 2016-05-03

"[V]erbeeldingloosheid in taalonderrig en taaltoetsing is ons grootste vyand."

The assessment of home languages in the South African National Senior Certificate examinations – ensuring fairness and increased credibility

Colleen du Plessis, Sanet Steyn, Albert Weideman Academic research 2016-04-29

"Inasmuch as the curriculum and assessment standards may help to organise what should happen in the classroom, they provide no guarantee of contributing towards the quality of education and assessment practices, or of ensuring equivalence across different language examinations."

Die assessering van huistale in die Suid-Afrikaanse Nasionale Seniorsertifikaateksamen – die strewe na regverdigheid en groter geloofwaardigheid

Colleen du Plessis, Sanet Steyn, Albert Weideman LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2016-04-28

"In soverre die kurrikulum en assesseringstandaarde mag help met klasbeplanning, bied hulle steeds geen waarborg dat dit ’n bydrae sal lewer tot die gehalte van onderrig en assesseringspraktyke, of die versekering van ekwivalensie oor verskillende taaleksamens heen nie."

Top