Alana Bailey

Alana Bailey het ’n meestersgraad in Historiese en Erfenisstudies met lof aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sedert 2005 is sy by AfriForum werksaam, waar sy hoof van die Kultuursake-afdeling is. Haar belangstellingsvelde is minderheidsregte, geskiedenis, letterkunde en reis. Sy skryf gereeld artikels en resensies vir vakwetenskaplike, asook populêre publikasies. Sy diens tans as ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad en is ’n lid van die Gautengse Provinsiale Taalkomitee van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad.

’n Wenslysie vir onderwys in Suid-Afrika: Alana Bailey soek na oplossings

Alana Bailey SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-02-12

"Dit sal wonderlik wees as Suid-Afrikaanse onderwys kan wegbeweeg van die oorbeklemtoning van akademiese prestasie, wat nie vir alle leerders moontlik is of bevrediging gee nie, en reeds op skoolvlak meer praktiese onderrig kan bied sodat iemand na twaalf of dertien jaar op die skoolbanke direk ’n eie besigheid kan bedryf of ’n spesialisloopbaan kan begin."

Is matriek regtig die towerstaffie?

Freek Robinson, Alana Bailey Onderhoude 2025-01-15

Die matriekuitslae is bekendgemaak en uit regeringskringe is daar groot opwinding oor die hoë slaagsyfer. Vertel dit egter die hele storie? Alana Bailey dink nie so nie. Freek Robinson het met haar gesels.

Top