Abraham Hamman

Abraham Hamman is op 3 Augustus 1964 in Kuilsrivier gebore. Hy matrikuleer in 1982 aan die Hoërskool Bellville-Suid in Bellville. Hierna verwerf hy sy BA (1986) en LLB (1988) aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK). In 2004 voltooi hy sy LLM aan UWK. Die titel van sy LLM-verhandeling is “The right to privacy and the challenge of modern cell phone technology”.

In 2015 voltooi hy sy doktorale studie oor geldwassery ook aan UWK. Die titel van sy proefskrif is “The impact of anti-money laundering legislation on the legal profession in South Africa”. Hy is ʼn toegelate prokureur en aktebesorger en praktiseer die afgelope 27 jaar as sodanig. Sedert 2005 is hy ook ʼn voltydse dosent in die Regsfakulteit van die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy is ʼn lid van die Kaapse Wetsgenootskap en die Suidelike Voorstede Prokureurs Vereniging. Abraham is getroud met Merle en het twee kinders: Adrian en Nicole.

Compensation orders in criminal proceedings – a fresh perspective

Abraham Hamman, Windell Nortje Academic research 2017-01-23

"Victims in criminal proceedings are more often than not placed in a disadvantaged position as their requests for compensation are frequently disregarded by the courts."

Vergoedingsboetes in strafregtelike verrigtinge – ’n vars perspektief

Abraham Hamman, Windell Nortje LitNet Akademies (Regte) 2017-01-23

"Om herstellende geregtigheid ’n regmatige plek binne enige funksionele regstelsel te gee, moet daar gehoor gegee word aan al die partye wat geraak is deur die misdaad, insluitend die oortreder en die slagoffer."

The disclosure of the identities of anonymous minors upon the age of majority: clean slate or dismal fate?

Abraham Hamman, Windell Nortje Academic research 2016-08-15

"If a person such as the Griquatown boy is convicted of a crime, he must be punished. But this does not mean that such a person should walk around with the mark of Cain for the rest of his life."

Die bekendmaking van die identiteit van anonieme minderjariges by meerderjarigheid: regverdigbaar of nie?

Abraham Hamman, Windell Nortje LitNet Akademies (Regte) 2016-08-12

"Indien ’n persoon soos die Griekwastad-seun skuldig bevind word aan ’n misdaad, moet hy gestraf word. Dit beteken egter nie dat so ’n persoon vir die res van sy lewe met ’n Kainsmerk moet loop nie."

Top