"Anderkant die rant" deur De Waal Venter

  • 0

Anderkant die rant

Anderkant die rant
gaan ek vanaand sing
Bokkie, duskant die rant
gaan ek vir jou lekkerte bring

REFREIN:
Want jy is die kokkewiet se lied
Dis jy wat blywees en hartseer bied

Hoe voel ek môre se kant
as jy so by my kom staan?
Hoe voel ek vanaand se kant
as jy my so verkeerd verstaan?

REFREIN

In jou lê daar meer
as in die internet
Jy's lieflik en jy maak seer
Jy's my hart se maat en sy wet

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top