Afrikaans en Vlaams

  • 3

Die briewe wat op SêNet verskyn, is die menings van die briefskrywers en nie noodwendig van die LitNet-redaksie nie.

Baie Vlaminge praat Nederlands, want Vlaams word as "kombuistaal" beskou. 

Afrikaans was in die 1800's ook 'n kombuistaal.
 
Ek is eerlik, ek verstaan nie Nederlands nie.
 
Afrikaans (as kombuistaal) en Vlaams (as kombuistaal), het ná standaard-Nederlands ontwikkel, met Nederlands wat struktuur verskaf. 
 
Hans Richardt
  • 3

Kommentaar

  • Oulike opmerkings:)

    Wat myself betref, probeer ek aktief Nederlands lees en bietjie die Nederlandse doen en late volg, alhoewel die praat en luister nie so goed op dreef is nie. Hulle se dat Vlaams en Afrikaans van al die Nederlandse dogtertale glo die naaste aan mekaar is en wedersyds verstaanbaar is.

    Die Nederlanders se oordrewe politiese korrektheid is een van die groot redes waarom ek my nie regtig begewe in hul verwysingswêreld nie. Bid jou dit aan: die glorieryke Nederlandse Goue Eeu mag nou nie meer so genoem word nie omdat dit sekere lande en bevolkings (sneeuvlokkies) se gevoelens gaan seermaak, ek is letterlik...soos Lanoye se boektitel aandui...SPRAKELOOS. Dit is ten minste een rede waarom Nederlanders en Afrikaners mekaar nooit sal vind nie...hulle is nog nooit hardgebak deur Afrika nie, ken nie die werklikhede daarvan nie en is TE sensitief; hopeloos naïef; passief en overgeset synde polities korrek.

    So jammer dat 'n volk wat met luisterryke name soos Bosch, Rembrandt, Dommersen, van Gogh, Achterberg, W.F. Hermans, Komrij en vele meer kan spog, so 'n reuse teleurstelling kan wees en waarskynlik in die geskiedenisbladsye gaan verdwyn as 'n niksseggende en onbenydenswaardige oogknip...immers dink en Afrikaners het met reg 'n neerbuigend-bejammerende houding teenoor hulle weens hulle erge oikofobie en omhelsing van kultuur marxisme en sosialisme. Die Vlaminge het natuurlik vir de Geyter, Hugo Claus, Lanoye, en NATUURLIK Stefan Hertmans. Ek het meer vrede met hulle want hulle is konserwatief en nie so verregaande links nie, die linksheid los hulle vir die Wale...

  • Hans Richardt

    Charles, die Vlame praat tuis Vlaams, maar agv politieke korrektheid, word Standaard Nederlands buite huis gepraat.
    In SA word Afrikaans in kombuis gepraat en Engels buite. Ek het net eergister met ene Du Toit by my oornagplek gesels, hy in hoogdawerende Engels. Toe wonder ek wat in Oos-Kaap gebeur...
    Laat my toe dink aan my vinkies wat in hul eie drinkwater skyt...

  • Hans Richardt

    Met die nuwe taalbeleid by US, is die Taalmonument in die Paarl, 'n oksimoroon monument. Of soos die destydse dominee se vrou gesê het in Sondagkoerant, dit herinner haar aan 'n penis teen Paarlberg.
    Al gewonder hoekom Pappegaai-berg troon oor Stellenbosch? Al die politieke korrekte napraters sit daar en papsak drink...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top