As Afrikaans toe bestaan het, hoekom dan Engels? Hoekom nie in 'afrikaans' geskryf nie?
My submissie is nog steeds dat die Anglikaner toe al bestaan het, tot in 1948. Daarna was dit totale aanslag-nasionalisme, tot 1994, van 'wit christen afrikaner'. Dink DF Malan as Dopper, met sy dopperkunde, wat binnebouddans sonde verklaar het. Wat 'n tuisland, waarin niemand 'balke toe' skreeu, soos in Orania waar net 'volkspele' gespeel word. Die Dawid de Lange- of Oudag-boereorkes, sal nooit tot hul reg gekom het nie, dammit. Ek is mal oor die klanke van 'n lekker ou bas Boere-konsertina of die wysie van “Ou Ryperd” op 'n traporrel. Chrisjan de Wet en sy generaals het 'celeb'-status gehad in Engeland, terwyl my oumas in hul na-oorlogse armoede krepeer het. Chrisjan se boek was ook nooit in Afrikaans vertaal nie.
Jan Rap, vertaal die boek. Dis 'n uiters hoogsaangeskrewe militêre geskiedenis boek, met eerstehandse kennis geskryf, met insig van die man wie terrorisme en guerilla-oorlogvoering begin het. Hierna het 'n Rus en 'n Chinees hul weergawes geskryf uit militêre oogpunt, sonder Giliomee-verromantisering en politieke konstruksie. Om geskiedenis van feite tot politieke konstruksie te vervorm, is laer as slak kak op seebodem.
Hans Richardt


Kommentaar
Hello Hans
In die laaste paragraaf van die voorwoord sê genl. De Wet: "The original has been written by me in Dutch, and I can therefore not be answerable for its translation into other languages". Hierdie uit die 1902 uitgawe van 'Three Years War'. Miskien is dit nou ’n goeie tyd om Francois se raad te vat en "’n slag akademies-gefundeerde navorsing" te doen. Anders is jou opinie hier op Litnet "laer as slak kak op seebodem".
Chris