Hello,
Dit was 'n stil 1 Mei 2013 sonder 'n bestuurder in sig en 'n baie goeie manier om werkersdag deur te bring sonder dringende take wat voltooi moet word, 'n verslag wat al gister moes voltooi gewees het, 'n vergadering en die terugvoer gebaseer op dit al lankal implementeer en 'n senior bestuurder wat wil weet hoekom dit nie al gebeur het nie en 'n stelsel wat met moeite sy voete vind. 'n Gewone werksweek dus.
Daarom dan 'n salige breuk weg van die kantoor. Hierdie is dan seker ook die geleentheid om te dink oor die onderwerp van werkskepping en die wat nie so gelukkig is om te kan werk nie. Werk nou wel 'n swaar las, maar ook, wat kan sonder dit gedoen word?
“Young people ought not to be idle. It is very bad for them”, komende van Margaret Thatcher in 1984.
Sy was reg, soos gewoonlik, daar is min dinge so erg in die samelewing as werkloosheid en in die konteks van hierdie brief die prys wat die jeug in die samelewing betaal vir daardie mislukking. Hierdie is werklik moeilike tye en bevestig onlangse OECD-syfers dat 26 miljoen 15- tot 24-jariges in 'ryk' lande werkloos is.
Die Internasionale Arbeidsorganisasie beraam volgens hulle kriteria dat 75 miljoen jong mense in die wêreld op soek na 'n werk is.
Die Wêreldbank wat die finale syfers bepaal se berekenings dui daarop dat 262 miljoen jong mense in ontluikende markte is ekonomies onaktief. Afhangende van hoe die somme gedoen word, is die aantal jong mense sonder werk amper so groot soos die bevolking van Amerika van ongeveer 311 miljoen mense. Hierdie kan dus sonder twyfel as rampspoedig beskryf word. Die Economist se berekenings bevind dat 290 miljoen jeugdiges, 'n kwart van die globale totaal, nie 'n werk het nie of in die proses van studie is nie.
Twee faktore speel 'n groot rol in die huidige stand van sake en sal al die entrepreneurskap in hemel en op aarde ons nie red nie.
Eerstens het die ekonomiese krisis wat heers van 2008 ekonomiese groei ingeperk en daarmee dan die vraag na produkte en dienste en heel direk die aanvraag na arbeid, die werkers wat daardie produkte en dienste moet lewer. Tesame hiermee en die veranderde aard van die arbeidsmark waar dit huidiglik verkieslik is om die ouer werkers te behou as wat dit is om jong nuwe werkers in diens te neem.
'n Tweede faktor in ontluikende ekonomieë is die groei van die bevolking in lande met 'n abnormale arbeidsmarkte soos Indië en Egipte, wat beteken 'n groter persentasie van die bevolking is jeugdig en daarom dan werkloos asook nie in die siklus van studie nie.
Die resultaat van hierdie omstandighede is 'n “arc of unemployment”, vanaf die suide van Europa deur middel van Noord-Afrika en die Midde-Ooste tot en met Suid-Asië.
Hierdie is die ongelukkige sameloop van omstandighede waar die welaf ekonomie se inkrimping bots met die arm ekonomie se aanvraag na werk.
In daardie “arc of unemployment”, kan daar vertoef word in Athlone by Nokhona, 'n jong Suid-Afrikaanse ma van twee wat nie 'n "matriek" het nie en sonder werk sedert Oktober 2010 is, toe haar kontrak as 'n skoonmaker in 'n koffiewinkel verstryk het. Sy hoop om werk te vind as 'n huishulp met die hulp van DreamWorker, 'n liefdadigheidsorganisasie wat probeer om jong werksoekers te help.
Daar is die wat beweer dat al wat sy hoef te doen is om entrepreneurskap te betoon en sal so haarself kan ophef. Hoe dit egter prakties sal werk is die wat die advies bied, stil om te verklaar.
Die persentasie werkloses onder jong swart Suid-Afrikaners is waarskynlik ongeveer 55% en die nalatenskap van apartheid beteken dat jong swart Suid-Afrikaners glad nie naby skole en werksgeleenthede woon nie. Hierdie dan die produk van die brutale verskuiwings om die stede wit te hou en die effekte van daardie beplanning nou nog die samelewing negatief beïnvloed.
Hierdie skep dan die agtergrond waarin Suid-Afrika se werkloosheid ook gesien moet word. Dit is dus nie net 'n plaaslike probleem nie, maar 'n probleem op globale skaal en een wat die gemeenskap voor 'n groot uitdaging te staan laat kom.
Die mees voor die hand liggende manier om hierdie probleem aan te pak is om ekonomiese groei aan te wakker, maar dit is nie so maklik nie, soos die afgelope vyf jaar al bevestig het en hierdie tydperk beskryf word as die 'groot stagnasie'. Dit is makliker gesê as gedaan in 'n wêreld wat geteister word deur lae groei en enorme skuld en 'n debat oor stimulering deur nog meer skuld aan te gaan of om eers die skuld af te betaal en die ekonomiese groei daarmee nog erger in te perk.
Werkloosheid in Suid-Europa het gestyg soos die ekonomieë gekrimp het. Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer is vererger deur die feit dat Suid-Afrika nou een van Afrika se stadigste groeiende ekonomieë is, so laag soos 2,5% vir 2013, dit terwyl 'n groeikoers van by die 7% verlang word om genoegsame werkskepping toe te laat.
Daar kan nie gesien word hoe dit haalbaar is in die huidige omstandighede nie.
Soos gesien kan word, die eerste probleem waarop daar dan 'n antwoord gevind moet word, is die probleem van ekonomiese groei en soos elders aangedui het selfs die onlangse IMF- en G20-vergaderings nie 'n oplossing vir hierdie probleem nie.
Met dit as agtergrond gaan daar egter nog steeds in hierdie brief aandag gegee word aan wat sekere lande doen om hul jeugdiges by te staan.
Die Economist dui aan dat regdeur die resessie het werkgewers kommer uitgespreek dat hulle nie kan jong mense met die regte vaardighede vind vir indiensneming nie. Dit beklemtoon die belangrikheid van die ander twee oplossings, hervorming van die arbeidsmark en wette en die verbetering van onderwys, maar selfs dan is die oplossings nie so maklik nie.
Brittanje het 'n buigsame arbeidsmark maar nog steeds 'n hoë werkloosheidsyfer onder die jeug. In lande met beter rekords is die regering meer aktief betrokke in die vind van werksgeleenthede. Duitsland, wat die tweede-laagste vlak van werkloosheid onder die jeug in die ryk wêreld het, betaal 'n persentasie van die lone van langtermyn werkloses vir die eerste twee jaar met indiensneming. Die Nordiese lande bied aan jong mense "persoonlike planne" wat die jeugdiges rugsteun in hulle werk en opleiding. Maar hierdie tipe van bystand is dalk te duur om net so te implementeer kan word in armer lande, soos byvoorbeeld in die suide van Europa, met hul miljoene werklose en die opkomende wêreld, 'n Suid-Afrika byvoorbeeld.
Die tweede oplossing is die van opleiding. Die OECD het bevind dat die wat skool verlaat sonder ekstra studie is gemiddeld persentasiegewys dubbel die getal werkloses as wat geld onder die wat universiteit gegradueerdes is.
Wat belangrik is, is nie net die aantal jare van studie maar die inhoud daarvan. Dit beteken dat daar meer klem geplaas moet word op die studie van wetenskap en tegnologie en dat daar 'n vennootskap tussen werkgewers en skole, universiteite moet wees.
Hierdie vennootskap word bevestig deur die feit dat die lande met die laagste persentasie werkloses onder jeugdiges gekenmerk word deur 'n noue verband tussen onderwys en werkgewers. Duitsland, weereens 'n voorbeeld, het 'n lang tradisie van hoë-gehalte beroepsopleiding en vakleerlingskappe, wat in die afgelope jare te midde van die krisis gehelp het om werkloosheid onder die land se jeug te beperk ten spyte van lae ekonomiese groei.
Duitsland se lang gevestigde stelsel van beroepsopleiding, skoolopleiding en vakleerlingskappe word nou deur ander lande ook gebruik as 'n antwoord op die probleem van werkloosheid. Suid-Korea het byvoorbeeld die "meister"-skole ingestel, terwyl Singapoer ondersteuning bied aan tegniese kolleges en selfs Brittanje poog om vakleerlingskappe en tegniese onderwys te verbeter.
Maar dit is nie genoeg om net die Duitse model van opleiding en vakleerlingskappe net so oor te neem nie, dit behels ook dat daar aandag gegee moet word aan die land se unieke sosio-ekonomiese bestel en dit wat bekostig kan word. Dit is dus oop vir debat hoe so 'n program in Suid-Afrika daarna sal uitsien.
Dit is ook werd om uit te wys dat 'n meer entrepreneursgerigte Britse ekonomie het die probleem van werkloosheid vererger. Kleiner ondernemings is minder bereid om vakleerlingskappe of werk-ervaring te bied as wat groter ondernemings bereid is om te doen. Hierdie dan die ironie van die mantra van entrepreneurskap.
Behalwe vir die probleme alreeds uitgelig en die gevolge wat werkloosheid op die samelewing het kan daar na 'n paar laaste aspekte verwys word.
Emigrasie. In Ierland het meer as 76 400 mense geëmigreer in 2012 en bring dit die totaal wat die land verlaat het sedert die resessie begin het op 250 000 mense, hierdie is uit 'n totale bevolking van 4 miljoen mense.
Portugal se eerste minister is heel direk met sy advies aan die land se werkloses en stel voor dat hulle moet emigreer na Angola en Brasilië. Baie het nie op hulle laat wag nie en het meer as 150 000 mense uit 'n bevolking van 10 miljoen mense al emigreer na Portugal se vorige kolonies.
Jong Italianers sukkel ook om werk te kry en Italië se 600,000 werklose jong mense net soos die in Spanje en Griekeland word beskou as die generasie wat in die steek gelaat is en 'n donker toekoms het.
In Frankryk is dit nie veel beter nie en het die regering van Hollande net so 'n groot uitdaging om die probleem die hoof te bied en is die gemiddelde ouderdom waarop daar 'n vaste werk finaal beklink is nou ongeveer 28 jaar van ouderdom.
So ook in die VSA, waar die persentasie werkloses onder jeugdiges op 16% staan wat dubbel die nasionale syfer van alle ouderdomsgroepe staan.
Die VK is net so beroerd waar 22% van alle jeugdiges werkloos is, meer as 1,1 miljoen mense.
Hierdie skets dus glad nie 'n rooskleurige prent nie en is daar ook nie gepoog om in die brief finale antwoorde te bied van wat as 'n oplossing beskou kan word nie. Die enigste oogmerk van die brief was om die omvang van die probleem te probeer bepaal, na van die pogings te verwys wat gebruik word om dit die hoof te probeer te bied en dan die grondslag vir eie nabetragting daar te stel, in die lig van swak ekonomiese groei, ekonomiese stimulering wat nie na wense is nie, en die onsekerheid hoe dit die hoof gebied moet word op die vlak van instellings soos die IMF, G20 en individuele regerings.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
EEN VAN VELE SIENINGE mbt ENTREPRENEURSKAP
UNITED NATIONS UNIVERSITY: 23 Mar 11
Global development is entering a phase where entrepreneurship will increasingly play a more important role. There are at least three reasons for this, each particular to certain types of countries.
Firstly, in the West, the managed economy of the 1970s-2000s, characterized by reliance on big business and mass production, has given way to a so-called entrepreneurial economy. Here knowledge-driven goods and services are now more flexibly provided by smaller firms, and the emergence of a creative class requires a less interfering but more facilitating state.
Secondly, in the emerging countries, most notably the BRICs – Brazil, Russia, India, China – impressive growth has been driven by a veritable entrepreneurial revolution. The need in these economies to sustain growth through sustainable access to resources, knowledge, markets, and low-carbon industrialization puts a premium on innovative entrepreneurship.
Finally, in the least developed countries, where aid dependency is high, donors have been shifting the emphasis in development cooperation towards private sector development (see my recent piece in Development Today on this topic) . In many of these countries, including resource-poor North African countries, populations consist of many young people who see little prospects of gaining employment with decent wages. Promoting youth entrepreneurship here has become a vital policy objective of many development organizations and donors.
Entrepreneurship and the state It is expected that entrepreneurship will, in light of the above, contribute to growth and employment creation in advanced, emerging and least developed economies alike. This is a reasonable expectation – one that is supported by recent findings of historians, economists and management scientists.
The role of entrepreneurship in economic development has been the focus of a two-year United Nations University World Institute for Development Economics Research (UNU-WIDER) project, which resulted in the recent book ‘Entrepreneurship and Economic Development’. This book (available from Amazon here) has been described as “the single most informative work on the topic of entrepreneurship and economic development in print…”. In this book, the importance of innovative, high-growth entrepreneurship is emphasized and the important role of the state to support entrepreneurs (differently through different phases of development) is discussed. The book also argues for the need for entrepreneurial solutions to intricate global challenges – such as climate change, migration, and terrorism.
“With too many entrepreneurs, levels of aspirations in a country may rise - it is well-known that with increasing material wealth (or opportunities) people’s aspirations increase.” There are two major caveats however.
The first is that for entrepreneurs to play an appropriate role, the role of the state remains important, if not more so than before. Strong states, as regulators and gatekeepers, play a particularly vital role. In the absence of appropriate ‘rules of the game’, entrepreneurship may result in undesirable social outcomes, including corruption, crime, speculation and financial crises, and may worsen the vulnerabilities of people during natural disasters, as I have argued elsewhere.
The second is that while entrepreneurship may raise economic growth and material welfare, it may not always result in improvements in non-material welfare (or happiness). Promotion of happiness is increasingly seen as an essential goal. The recent Commission on the Measurement of Economic Performance and Social Progress recommended that “the time is ripe for our measurement system to shift emphasis from measuring economic production to measuring people’s well-being’”. Entrepreneurship and national happiness
Do entrepreneurs contribute to national happiness? The answer is both yes and no. In a paper to be published soon, Ernesto Amoros, Oscar Cristi and I investigated the empirical relationship between happiness and entrepreneurship across nations. We found that there exists an inverted U-shape relationship between national happiness and entrepreneurship: up to a certain level an increase in entrepreneurship will be associated with an increase in national level happiness, after which it would be associated with a declining level of happiness.
Why would an increase in entrepreneurship at first lead to an increase in national happiness? Entrepreneurs create jobs – and we know that unemployment is a major and significant cause of unhappiness. We also know that goods that entrepreneurs provide, such as health and experiential activities, raise happiness levels. Moreover there is now a robust body of evidence that entrepreneurs experience higher levels of job satisfaction than non-entrepreneurs and entrepreneurs’ happiness can rub off on the happiness of non-entrepreneurs.
LES MISERABLES - THE ECONOMIST (Wouter se “Favourite”)– 29 Jul 12
Europe not only has a euro crisis, it also has a growth crisis. That is because of its chronic failure to encourage ambitious entrepreneurs
Europe’s culture is deeply inhospitable to entrepreneurs; wanting to grow a start-up into a behemoth is quite as countercultural as piercings and performance art
. Data show that continental Europe has a problem with creating new businesses destined for growth. According to the Global Entrepreneurship Monitor, which compiles comparable data across countries, in 2010 “early-stage” entrepreneurs made up just 2.3% of Italy’s adult population, 4.2% of Germany’s, and 5.8% of France’s. European countries are below—in many cases well below—America’s 7.6%, let alone China’s 14% and Brazil’s 17%.
Europe produces plenty of corner shops, hairdressers and so on. What it doesn’t produce enough of is innovative companies that grow quickly and end up big. In 2003, analysing Europe’s entrepreneurial gap, the European Commission cited a study which showed that during the 1990s, 19% of mid-sized firms in America were classified as fast-growers, compared with an average of just 4% in six European Union countries.
If Europe were more entrepreneurial, says everyone from the commission down, it would not have been such a poor producer of big businesses. And it would have produced more successful new technology firms. Entrepreneurship doesn’t have to be channelled through the tubes of the internet, but over the past few decades a great deal of it has been. That an economy so copiously provided with the technically educated as Germany’s has not produced a single globally important business-to-consumer internet company suggests a big problem with entrepreneurship.
Europe does have entrepreneurial success stories. The richest is Spain’s Amancio Ortega, who started work for a clothes store at the age of 13 before going on to found Inditex, a fast-fashion empire. Austria has Dietrich Mateschitz, who started Red Bull, an energy-drink maker. France has Xavier Niel, who this year started a mobile-phone revolution by offering consumers extremely low prices; Britain has Sir Richard Branson. But the list is short.
Jaco Fourie
Hello Jaco,
Wouter,
Pleks om gedurig selektief ander se verslae (soos hierbo) deur vertaling vanuit Engels in Afrikaans te weergee, gee ons eerder 'n aanduiding dat jy die vermoë besit om onafhanklike voorstelle te kan maak.
Jou gevolgtrekking in jou brief se vir my: Alles is hopeloos, dus moenie eers probeer moontlike oplossings soek nie, veral nie entrepreneurskap nie, dus jou skoueroplig -stelling: ".......die huidige stand van sake en sal al die entrepreneurskap in hemel en op aarde ons nie red nie."
Daarom het ek die twee voorbeelde, een van die United Nations University en die ander vanuit die Economist vir jou edifikasie hierbo weergee (sonder vertaling, sodat die leser kan agterkom dis nie my navorsing hierbo aangehaal nie) om vir jou te laat weet alles in hierdie wereld, en veral in ons land is nie tervergeefs nie.
Weereens backpedal jy (derde keer) met: " ek het dit nie teen entrepreneurskap gehad nie", (waar? onwaar?)
Verder skryf jy: "Hoe dit egter prakties sal werk is die wat die advies bied, stil om te verklaar"
Wel, indien jy nie van die moontlikhede in die twee aangehaalde verslae oor entrepreneurskap kan raakssien nie, gaan ek jou rerig nie reghelp nie.
Om af te sluit, versoek jy van my: "Gaan soek inligting oor hoe ekonomiese groei moet stimuleer moet word.'' Pleks dat jy hierdie laaste stelling op jouself toepas, en nie net ander se ekonomiese geskiedkundige navorsing her-eggo nie. My vraag aan jou is: Hoe sou JY voorstel dat die ekonomie gestimmuleer word? Ek het jou 'n praktiese voorbeeld (my eie) van die stamlande wat deur swartes in komersiele boerderye (entrepreneurskap) omskep kan word,(met regerings hulp en opleiding) ten gevolge van werkskepping, en verhoogde lewensstandaard vir hulle, en dit is glad nie 'n onmoontlikheid nie. Is dit dan nie 'n goeie voorbeeld aan my kant hoe in ten minste een marksektor, die ekonomie gestimuleer kan word nie?
Jaco Fourie
Hello Jaco,
Kan daar volstaan word met hoe briljant jou voorstelle was en dit daar gelaat word. Dit is nie seker wat die eindbestemming van die bespreking gaan wees nie en om daardie rede sal ek maar bly my die Economist, Financial Times en verwante publikasies, soos die poog om sin te maak van die omstandighede nou daarna uitsien.
Hello,
Wouter
Dit is jammer dat jy so 'n siniese houding inslaan om nou weereens 'n wanvoorstelling aan te kondig dat ek wil wen ten alle koste. Alles behalwe. As jy reg onthou, was dit jy wat my oor die entrepreneurskap oorspronklik aangevat het, en die het ek verwelkom om sodoende vriendelike verskille van sieninge ter tafel te le, en hopelik sodoende onder die breer SeNet lesers debat uit te lok. Jy het dit van die staanspoor verkeerd opgeneem en van die begin my persoonlike beledigings toegegooi. Ek op my beurt het toe ook in die strik geval om dieselfde aan jou te doen. Daar gelaat.
Ons altwee se uitgangspunt is nie eenders nie. Hoe ek jou nou lees, is dat jy net wil weergee wat wêreldwyd ekonomies gebeur, en herhaal wat die Financial Mail, die Economist, ens oor die onderwerp te sê het oor die impak op enige gegewe ekonomie en wil nie enige persoonlike opinie lug nie, omrede volgens jouself, jy nie 'n spesialis is nie. Tog het jy as leek, met Giliomee as spesialis op sy eie studie-gebied verskil, rakende die se uitlegging van die apartheidsera, en niks volgens my mening, fout daarmee nie. So ek verstaan nie heeltemal dat jy jou suiwer beperk om ander oor die ekonomie aan te haal, tog nie gehuiwer om met Giliomee te verskil nie, ten spyte van al sy noukeurige navorsing.
My uitgangspunt rakende ons ekonomie is die SWOT analise. Internal locus = Identifying our STRENGHTS and WEAKNESSES and exploring strategies whereby we can build on our strengths, and attempt to turnaround weaknesses into strengths. External Locus = external factors, some beyond our control. OPPORTUNITIES out there that could be harnessed to our advantage, THREATS which might be able to torpedo progress, and putting strategies in place so as to circumvent such threats. Die NDP (National Development Plan) is op daardie einste beginsels geskoei.
Dit verder uitgebrei. Ek konsentreer uitsluitlik op die SA-ekonomie. Ja die wêreldekonomie daarbuite impakteer tans wel negatief op hierdie land, maar ek is van mening ons moet nie stilsit en se ons kan niks verder aan ons voortbestaan buite hierdie afwaardse neiging in die wêreldekonomie doen nie. Ons kan en ons sal met in agneming van die SWOT-analise, die dat ons 'n NDP het. (Met hierdie regering se powere rekord, twyfel ek dat dit verder as die papier waarop dit geskryf is, sal vorder).
Daar is ander, miskien selfs in regeringskringe wat hier op SêNet lees. Indien jy hier op SêNet 'n haalbare idee vorendag kom, dink jy nie jy sal die gedagtegang van sodanige persoon nie prikkel nie?
Wat ons ekonomie beduiwel is die ras benadering van die regering asook die Vakunies wat onwerklike verwaginge onder hulle lede skep wat miskien op die kort termyn aan toegegee word, maar in die langtermyn ekonomiese ondergang en werkverliese kan beteken en die daaropvolgende onluste wat van 'n gefrustreerde bevolking gaan ontstaan.
Terloops. Pas op e-NEWS die berig gehoor van oor 'n 100000 betrekkinge verloor die eerste kwartaal van hierdie jaar. Nou wag ek om van die regering te hoor dat dit apartheid se skuld is!
Jaco Fourie
Hello Jaco,