Werkersdag in 'n onsekere tydperk

  • 7

Hello,

Dit was 'n stil 1 Mei 2013 sonder 'n bestuurder in sig en 'n baie goeie manier om werkersdag deur te bring sonder dringende take wat voltooi moet word, 'n verslag wat al gister moes voltooi gewees het, 'n vergadering en die terugvoer gebaseer op dit al lankal implementeer en 'n senior bestuurder wat wil weet hoekom dit nie al gebeur het nie en 'n stelsel wat met moeite sy voete vind. 'n Gewone werksweek dus.

Daarom dan 'n salige breuk weg van die kantoor. Hierdie is dan seker ook die geleentheid om te dink oor die onderwerp van werkskepping en die wat nie so gelukkig is om te kan werk nie. Werk nou wel 'n swaar las, maar ook, wat kan sonder dit gedoen word?

“Young people ought not to be idle. It is very bad for them”, komende van Margaret Thatcher in 1984.

Sy was reg, soos gewoonlik, daar is min dinge so erg in die samelewing as werkloosheid en in die konteks van hierdie brief die prys wat die jeug in die samelewing betaal vir daardie mislukking. Hierdie is werklik moeilike tye en bevestig onlangse OECD-syfers dat 26 miljoen 15- tot 24-jariges in 'ryk' lande werkloos is.

Die Internasionale Arbeidsorganisasie beraam volgens hulle kriteria dat 75 miljoen jong mense in die wêreld  op soek na 'n werk is.

Die Wêreldbank wat die finale syfers bepaal se berekenings dui daarop dat 262 miljoen jong mense in ontluikende markte is ekonomies onaktief. Afhangende van hoe die somme gedoen word, is die aantal jong mense sonder werk amper so groot soos die bevolking van Amerika van ongeveer 311 miljoen mense. Hierdie kan dus sonder twyfel as rampspoedig beskryf word. Die Economist se berekenings bevind dat 290 miljoen jeugdiges, 'n kwart van die globale totaal, nie 'n werk het nie of in die proses van studie is nie.

Twee faktore speel 'n groot rol in die huidige stand van sake en sal al die entrepreneurskap in hemel en op aarde ons nie red nie.

Eerstens het die ekonomiese krisis wat heers van 2008 ekonomiese groei ingeperk en daarmee dan die vraag na produkte en dienste en heel direk die aanvraag na arbeid, die werkers wat daardie produkte en dienste moet lewer. Tesame hiermee en die veranderde aard van die arbeidsmark waar dit huidiglik verkieslik is om die ouer werkers te behou as wat dit is om jong nuwe werkers in diens te neem.

'n Tweede faktor in ontluikende ekonomieë is die groei van die bevolking in lande met 'n abnormale arbeidsmarkte soos Indië en Egipte, wat beteken 'n groter persentasie van die bevolking is jeugdig en daarom dan werkloos asook nie in die siklus van studie nie.

Die resultaat van hierdie omstandighede is 'n “arc of unemployment”, vanaf die suide van Europa deur middel van Noord-Afrika en die Midde-Ooste tot en met Suid-Asië.

Hierdie is die ongelukkige sameloop van omstandighede waar die welaf ekonomie se inkrimping bots met die arm ekonomie se aanvraag na werk.

In daardie “arc of unemployment”, kan daar vertoef word in Athlone by Nokhona, 'n jong Suid-Afrikaanse ma van twee wat nie 'n "matriek" het nie en sonder werk sedert Oktober 2010 is, toe haar kontrak as 'n skoonmaker in 'n koffiewinkel verstryk het. Sy hoop om werk te vind as 'n huishulp met die hulp van DreamWorker, 'n liefdadigheidsorganisasie wat probeer om jong werksoekers te help.

Daar is die wat beweer dat al wat sy hoef te doen is om entrepreneurskap te betoon en sal so haarself kan ophef. Hoe dit egter prakties sal werk is die wat die advies bied, stil om te verklaar.

Die persentasie werkloses onder jong swart Suid-Afrikaners is waarskynlik ongeveer 55% en die nalatenskap van apartheid beteken dat jong swart Suid-Afrikaners glad nie naby skole en werksgeleenthede woon nie. Hierdie dan die produk van die brutale verskuiwings om die stede wit te hou en die effekte van daardie beplanning nou nog die samelewing negatief beïnvloed.

Hierdie skep dan die agtergrond waarin Suid-Afrika se werkloosheid ook gesien moet word. Dit is dus nie net 'n plaaslike probleem nie, maar 'n probleem op globale skaal en een wat die gemeenskap voor 'n groot uitdaging te staan laat kom.

Die mees voor die hand liggende manier om hierdie probleem aan te pak is om ekonomiese groei aan te wakker, maar dit is nie so maklik nie, soos die afgelope vyf jaar al bevestig het en hierdie tydperk beskryf word as die 'groot stagnasie'. Dit is makliker gesê as gedaan in 'n wêreld wat geteister word deur lae groei en enorme skuld en 'n debat oor stimulering deur nog meer skuld aan te gaan of om eers die skuld af te betaal en die ekonomiese groei daarmee nog erger in te perk.

Werkloosheid in Suid-Europa het gestyg soos die ekonomieë gekrimp het. Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer is vererger deur die feit dat Suid-Afrika nou een van Afrika se stadigste groeiende ekonomieë is, so laag soos 2,5% vir 2013, dit terwyl 'n groeikoers van by die 7% verlang word om genoegsame werkskepping toe te laat.

Daar kan nie gesien word hoe dit haalbaar is in die huidige omstandighede nie.

Soos gesien kan word, die eerste probleem waarop daar dan 'n antwoord gevind moet word, is die probleem van ekonomiese groei en soos elders aangedui het selfs die onlangse IMF- en G20-vergaderings nie 'n oplossing vir hierdie probleem nie.

Met dit as agtergrond gaan daar egter nog steeds in hierdie brief aandag gegee word aan wat sekere lande doen om hul jeugdiges by te staan.

Die Economist dui aan dat regdeur die resessie het werkgewers kommer uitgespreek dat hulle nie kan jong mense met die regte vaardighede vind vir indiensneming nie. Dit beklemtoon die belangrikheid van die ander twee oplossings, hervorming van die arbeidsmark en wette en die verbetering van onderwys, maar selfs dan is die oplossings nie so maklik nie.

Brittanje het 'n buigsame arbeidsmark maar nog steeds 'n hoë werkloosheidsyfer onder die jeug. In lande met beter rekords is die regering meer aktief betrokke in die vind van werksgeleenthede. Duitsland, wat die tweede-laagste vlak van werkloosheid onder die jeug in die ryk wêreld het, betaal 'n persentasie van die lone van langtermyn werkloses vir die eerste twee jaar met indiensneming. Die Nordiese lande bied aan jong mense "persoonlike planne" wat die jeugdiges rugsteun in hulle werk en opleiding. Maar hierdie tipe van bystand is dalk te duur om net so te implementeer kan word in armer lande, soos byvoorbeeld in die suide van Europa, met hul miljoene werklose en die opkomende wêreld, 'n Suid-Afrika byvoorbeeld.

Die tweede oplossing is die van opleiding. Die OECD het bevind dat die wat skool verlaat sonder ekstra studie is gemiddeld persentasiegewys dubbel die getal werkloses as wat geld onder die wat universiteit gegradueerdes is.

Wat belangrik is, is nie net die aantal jare van studie maar die inhoud daarvan. Dit beteken dat daar meer klem geplaas moet word op die studie van wetenskap en tegnologie en dat daar 'n vennootskap tussen werkgewers en skole, universiteite moet wees.

Hierdie vennootskap word bevestig deur die feit dat die lande met die laagste persentasie werkloses onder jeugdiges gekenmerk word deur 'n noue verband tussen onderwys en werkgewers. Duitsland, weereens 'n voorbeeld, het 'n lang tradisie van hoë-gehalte beroepsopleiding en vakleerlingskappe, wat in die afgelope jare te midde van die krisis gehelp het om werkloosheid onder die land se jeug te beperk ten spyte van lae ekonomiese groei.

Duitsland se lang gevestigde stelsel van beroepsopleiding, skoolopleiding en vakleerlingskappe word nou deur ander lande ook gebruik as 'n antwoord op die probleem van werkloosheid. Suid-Korea het byvoorbeeld die "meister"-skole ingestel, terwyl Singapoer ondersteuning bied aan tegniese kolleges en selfs Brittanje poog om vakleerlingskappe en tegniese onderwys te verbeter.

Maar dit is nie genoeg om net die Duitse model van opleiding en vakleerlingskappe net so oor te neem nie, dit behels ook dat daar aandag gegee moet word aan die land se unieke sosio-ekonomiese bestel en dit wat bekostig kan word. Dit is dus oop vir debat hoe so 'n program in Suid-Afrika daarna sal uitsien.

Dit is ook werd om uit te wys dat 'n meer entrepreneursgerigte Britse ekonomie het die probleem van werkloosheid vererger. Kleiner ondernemings is minder bereid om vakleerlingskappe of werk-ervaring te bied as wat groter ondernemings bereid is om te doen. Hierdie dan die ironie van die mantra van entrepreneurskap.

Behalwe vir die probleme alreeds uitgelig en die gevolge wat werkloosheid op die samelewing het kan daar na 'n paar laaste aspekte verwys word.

Emigrasie. In Ierland het meer as 76 400 mense geëmigreer in 2012 en bring dit die totaal wat die land verlaat het sedert die resessie begin het op 250 000 mense, hierdie is uit 'n totale bevolking van 4 miljoen mense.

Portugal se eerste minister is heel direk met sy advies aan die land se werkloses en stel voor dat hulle moet emigreer na Angola en Brasilië. Baie het nie op hulle laat wag nie en het meer as 150 000 mense uit 'n bevolking van 10 miljoen mense al emigreer na Portugal se vorige kolonies.

Jong Italianers sukkel ook om werk te kry en Italië se 600,000 werklose jong mense net soos die in Spanje en Griekeland word beskou as die generasie wat in die steek gelaat is en 'n donker toekoms het.

In Frankryk is dit nie veel beter nie en het die regering van Hollande net so 'n groot uitdaging om die probleem die hoof te bied en is die gemiddelde ouderdom waarop daar 'n vaste werk finaal beklink is nou ongeveer 28 jaar van ouderdom.

So ook in die VSA, waar die persentasie werkloses onder jeugdiges op 16% staan wat dubbel die nasionale syfer van alle ouderdomsgroepe staan.

Die VK is net so beroerd waar 22% van alle jeugdiges werkloos is, meer as 1,1 miljoen mense.

Hierdie skets dus glad nie 'n rooskleurige prent nie en is daar ook nie gepoog om in die brief finale antwoorde te bied van wat as 'n oplossing beskou kan word nie. Die enigste oogmerk van die brief was om die omvang van die probleem te probeer bepaal, na van die pogings te verwys wat gebruik word om dit die hoof te probeer te bied en dan die grondslag vir eie nabetragting daar te stel, in die lig van swak ekonomiese groei, ekonomiese stimulering wat nie na wense is nie, en die onsekerheid hoe dit die hoof gebied moet word op die vlak van instellings soos die IMF, G20 en individuele regerings.

Baie dankie

Wouter

  • 7

Kommentaar

  • EEN VAN VELE SIENINGE mbt ENTREPRENEURSKAP

    UNITED NATIONS UNIVERSITY:  23 Mar 11  

    Global development is entering a phase where entrepreneurship will increasingly play a more important role. There are at least three reasons for this, each particular to certain types of countries.

    Firstly, in the West, the managed economy of the 1970s-2000s, characterized by reliance on big business and mass production, has given way to a so-called entrepreneurial economy. Here knowledge-driven goods and services are now more flexibly provided by smaller firms, and the emergence of a creative class requires a less interfering but more facilitating state.

    Secondly, in the emerging countries, most notably the BRICs – Brazil, Russia, India, China – impressive growth has been driven by a veritable entrepreneurial revolution. The need in these economies to sustain growth through sustainable access to resources, knowledge, markets, and low-carbon industrialization puts a premium on innovative entrepreneurship.

    Finally, in the least developed countries, where aid dependency is high, donors have been shifting the emphasis in development cooperation towards private sector development (see my recent piece in Development Today on this topic) . In many of these countries, including resource-poor North African countries, populations consist of many young people who see little prospects of gaining employment with decent wages. Promoting youth entrepreneurship here has become a vital policy objective of many development organizations and donors.

    Entrepreneurship and the state It is expected that entrepreneurship will, in light of the above, contribute to growth and employment creation in advanced, emerging and least developed economies alike. This is a reasonable expectation – one that is supported by recent findings of historians, economists and management scientists.

     The role of entrepreneurship in economic development has been the focus of a two-year United Nations University World Institute for Development Economics Research (UNU-WIDER) project, which resulted in the recent book ‘Entrepreneurship and Economic Development’. This book (available from Amazon here) has been described as “the single most informative work on the topic of entrepreneurship and economic development in print…”. In this book, the importance of innovative, high-growth entrepreneurship is emphasized and the important role of the state to support entrepreneurs (differently through different phases of development) is discussed. The book also argues for the need for entrepreneurial solutions to intricate global challenges – such as climate change, migration, and terrorism.

    “With too many entrepreneurs, levels of aspirations in a country may rise - it is well-known that with increasing material wealth (or opportunities) people’s aspirations increase.”   There are two major caveats however.

    The first is that for entrepreneurs to play an appropriate role, the role of the state remains important, if not more so than before. Strong states, as regulators and gatekeepers, play a particularly vital role. In the absence of appropriate ‘rules of the game’, entrepreneurship may result in undesirable social outcomes, including corruption, crime, speculation and financial crises, and may worsen the vulnerabilities of people during natural disasters, as I have argued elsewhere.

    The second is that while entrepreneurship may raise economic growth and material welfare, it may not always result in improvements in non-material welfare (or happiness). Promotion of happiness is increasingly seen as an essential goal. The recent Commission on the Measurement of Economic Performance and Social Progress recommended that “the time is ripe for our measurement system to shift emphasis from measuring economic production to measuring people’s well-being’”. Entrepreneurship and national happiness

    Do entrepreneurs contribute to national happiness? The answer is both yes and no. In a paper to be published soon, Ernesto Amoros, Oscar Cristi and I investigated the empirical relationship between happiness and entrepreneurship across nations. We found that there exists an inverted U-shape relationship between national happiness and entrepreneurship: up to a certain level an increase in entrepreneurship will be associated with an increase in national level happiness, after which it would be associated with a declining level of happiness.

    Why would an increase in entrepreneurship at first lead to an increase in national happiness? Entrepreneurs create jobs – and we know that unemployment is a major and significant cause of unhappiness. We also know that goods that entrepreneurs provide, such as health and experiential activities, raise happiness levels. Moreover there is now a robust body of evidence that entrepreneurs experience higher levels of job satisfaction than non-entrepreneurs and entrepreneurs’ happiness can rub off on the happiness of non-entrepreneurs.

    LES MISERABLES -  THE ECONOMIST (Wouter se “Favourite”)– 29 Jul 12

     Europe not only has a euro crisis, it also has a growth crisis. That is because of its chronic failure to encourage ambitious entrepreneurs

    Europe’s culture is deeply inhospitable to entrepreneurs; wanting to grow a start-up into a behemoth is quite as countercultural as piercings and performance art

    . Data show that continental Europe has a problem with creating new businesses destined for growth. According to the Global Entrepreneurship Monitor, which compiles comparable data across countries, in 2010 “early-stage” entrepreneurs made up just 2.3% of Italy’s adult population, 4.2% of Germany’s, and 5.8% of France’s. European countries are below—in many cases well below—America’s 7.6%, let alone China’s 14% and Brazil’s 17%.

    Europe produces plenty of corner shops, hairdressers and so on. What it doesn’t produce enough of is innovative companies that grow quickly and end up big. In 2003, analysing Europe’s entrepreneurial gap, the European Commission cited a study which showed that during the 1990s, 19% of mid-sized firms in America were classified as fast-growers, compared with an average of just 4% in six European Union countries.

     If Europe were more entrepreneurial, says everyone from the commission down, it would not have been such a poor producer of big businesses. And it would have produced more successful new technology firms. Entrepreneurship doesn’t have to be channelled through the tubes of the internet, but over the past few decades a great deal of it has been. That an economy so copiously provided with the technically educated as Germany’s has not produced a single globally important business-to-consumer internet company suggests a big problem with entrepreneurship.

    Europe does have entrepreneurial success stories. The richest is Spain’s Amancio Ortega, who started work for a clothes store at the age of 13 before going on to found Inditex, a fast-fashion empire. Austria has Dietrich Mateschitz, who started Red Bull, an energy-drink maker. France has Xavier Niel, who this year started a mobile-phone revolution by offering consumers extremely low prices; Britain has Sir Richard Branson. But the list is short.

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco, 

     
    Jy kan nou maar stop, ek het dit nie teen entrepreneurskap gehad nie, slegs dat die prent wat jy geskets het simplisties was. Gaan jy my nou aanhoudend oor die kop slaan met artikels wat entrepreneurskap bespreek. 
     
     Daarom dan is daar geen oortuiging nodig om my van van die nuttigheid van entrepreneurskap te oortuig nie. Gaan soek inligting oor hoe ekonomiese groei moet stimuleer moet word.''
     
    Dit sal dan die mark skep wat deur die produkte en dienste van onder andere entrepreneurs en bestaande ondernemings gelewer kan word. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Wouter,

    Pleks om gedurig selektief ander se verslae (soos hierbo) deur vertaling vanuit Engels in Afrikaans te weergee, gee ons eerder 'n aanduiding dat jy die vermoë besit om onafhanklike voorstelle te kan maak.

    Jou gevolgtrekking in jou brief se vir my:    Alles is hopeloos, dus moenie eers probeer moontlike oplossings soek nie, veral nie entrepreneurskap nie, dus jou skoueroplig -stelling:  ".......die huidige stand van sake en sal al die entrepreneurskap in hemel en op aarde ons nie red nie." 

    Daarom het ek die twee voorbeelde, een van die United Nations University en die ander vanuit die Economist vir jou edifikasie hierbo weergee (sonder vertaling, sodat die leser kan agterkom dis nie my navorsing hierbo aangehaal nie) om vir jou te laat weet alles in hierdie wereld, en veral in ons land is nie tervergeefs nie.  

    Weereens backpedal  jy (derde keer) met:  "  ek het dit nie teen entrepreneurskap gehad nie",   (waar? onwaar?)      

    Verder skryf jy:  "Hoe dit egter prakties sal werk is die wat die advies bied, stil om te verklaar"

    Wel, indien jy nie van die moontlikhede in die twee aangehaalde verslae oor entrepreneurskap kan raakssien nie, gaan ek jou rerig nie reghelp nie. 

    Om af te sluit, versoek jy van my:  "Gaan soek inligting oor hoe ekonomiese groei moet stimuleer moet word.''   Pleks dat jy hierdie laaste stelling op jouself toepas,  en nie net ander se ekonomiese geskiedkundige navorsing her-eggo nie. My vraag aan jou is:  Hoe sou JY voorstel dat die ekonomie gestimmuleer word?  Ek het jou 'n praktiese voorbeeld (my eie) van die stamlande wat deur swartes in komersiele boerderye (entrepreneurskap) omskep kan word,(met regerings hulp en opleiding)  ten gevolge van werkskepping, en verhoogde lewensstandaard vir hulle, en dit is glad nie 'n onmoontlikheid nie.  Is dit dan nie 'n goeie voorbeeld aan my kant hoe in ten minste een marksektor, die ekonomie gestimuleer  kan word nie?

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco, 

    Kan daar volstaan word met hoe briljant jou voorstelle was en dit daar gelaat word. Dit is nie seker wat die eindbestemming van die bespreking gaan wees nie en om daardie rede sal ek maar bly my die Economist, Financial Times en verwante publikasies, soos die poog om sin te maak van die omstandighede nou daarna uitsien. 

     
    Dit wat jy beskryf as eie denke is amper van geen belang nie, aangesien die data soos dit in die ekonomie daarna uitsien opgesoek moet word en afleidings gebaseer op dit gemaak moet word. In die konteks daarvan, en hierdie word nou al vir die hoeveelste keer aangedui, het beide die IMF, G20 en sentrale banke 'n baie harde tyd om 'n oplossing te vind vir hoe die ekonomie moet stimuleer word. 
     
    Dit is die rigting wat ek as 'n leek ook volg, daar kan nie van my verwag word as 'n nie-spesialis om meer te weet as die spesialiste nie. 
     
    Daarom is ek heel tevrede as jy jou as die oorwinnaar beskou en sal daar geen poging van my kant af wees om jou anders te probeer oortuig nie. 
     
    Ek sluit af met die artikel uit die Financial Times as tekenend van die debat wat in die publikasies woed. 
     
    April 25, 2013 10:30 pm
    Kick-starting the engines of growth
    By Liz Bolshaw
     
    World Wide Web founder Tim Berners-Lee delivers a speechWith economic growth sluggish in the developed world, does entrepreneurship still hold the key to economist Adam Smith’s much-vaunted “wealth of nations”?
     
    “If you define entrepreneurial organisations as private organisations, then yes, of course, entrepreneurs are the lifeblood of any major economy,” says Ramakrishna Velamuri, professor of entrepreneurship at China Europe International Business School in Beijing.
     
    “If you narrow the definition down to start-up companies, then – while important – they don’t necessarily represent the lifeblood. They are by definition young; they don’t have very high revenues.
     
    ”For Lucrezia Reichlin, professor of economics at London Business School, the issue is a little more pressing. 
     
    “Entrepreneurship had better be the engine for growth in the eurozone or we are in trouble,” she says, adding that since the second world war Europe’s economic growth has stopped converging with US levels of growth.
     
    This might be cyclical and herald the end of the period of transformational growth that has seen the developed world “move from agriculture to manufacturing and from manufacturing to services”, says Prof Reichlin, or, more worryingly, “it may have something to do with a lack of entrepreneurial culture”.
     
    The problem is that the picture in the US is not too rosy either. “About 70 per cent of all historical productivity growth in the US between 1891 and 2012 took place before 1972,” notes Robert Gordon, professor of social sciences and economics at Northwestern University in Illinois.Calibrating a range of “headwinds” (including the slowing birth rate, declining participation of adult men in the economy and the retirement of baby-boomers), he forecasts “the per capita disposable income for the bottom 99 per cent of Americans will drop to just 0.2 per cent over the next 20-50 years”.
     
    Indeed, the pace of technological change may be slowing down. 
     
    “During just three months at the end of 1879, we invented Edison’s lightbulb, Karl Benz’s workable internal combustion engine and the first experiments that would lead in 1901 to Marconi’s wireless signal across the Atlantic,” Prof Gordon says. 
     
    “The ratio of motor vehicles to American households was zero in 1900; by 1929 it was 90 per cent. That’s how fast the world changed.”
     
    While it is common to conflate innovation with entrepreneurship, the two are not natural bedfellows. 
     
    “Entrepreneurs are not necessarily inventors,” says Prof Velamuri, noting that Thomas Edison, for example, died poor.
     
    It is also true that most dramatic innovations are not created by entrepreneurs. Linus Torvalds, the inventor as a college student of the source code behind the Linux computer operating system, did so “for fun”. 
     
    Tim Berners-Lee effectively invented the world wide web out of frustration at the poor communication networks at Cern, the European particle physics centre near Geneva, where he was then working.
     
    Historically, many of the breakthrough innovations that were the engines of the industrial revolution in Europe had been invented in China three centuries before. Gunpowder, the windmill and sailing boats were Chinese innovations that never gathered momentum in their home territory – a phenomenon that is now a well-known economic paradox.
     
    “One explanation is that entrepreneurship was looked down upon, [that it] was socially unacceptable,” says Prof Velamuri. 
     
    “Another is that labour was in abundant supply.”
     
    In Prof Velamuri’s study of the most dynamic regions of the world – Silicon Valley, Cambridge in the UK and Bangalore in India – he and his co-authors discovered that “the initial thrust was given by public expenditure”. 
     
    The other critical factor was “tolerance of diversity”, into which you “introduce high-quality educational institutions”. 
     
    Yet while all the great cradles of entrepreneurship in the past 50 years share these characteristics, they cannot be used as a recipe for growth.
     
    The effectiveness of government intervention is debatable, Prof Reichlin argues, “There is no evidence whatsoever that the size of government is linked to growth. 
     
    There are countries that have performed very well with large governments – China and Sweden, for example – and others that have not.”Gerald Zaltman, Robert Duncan and Jonny Holbek, in their 1973 work Innovations & Organisations, defined innovation as “any idea, practice or material artefact that is perceived to be new by the relevant unit of adoption”.
     
    This relativist definition is helpful. Many innovations are, in practice, new to their context but well established in another market.Prof Velamuri points out that in economies such as China or India, entrepreneurs have made fortunes bringing established business models from the developed world into these new emerging markets. 
     
    Pharmacy chain Apollo in India is an example.Prof Velamuri and Prof Reichlin point to promising frontier technology as reasons to be cheerful: for example, robotics and increasingly individualised healthcare treatments are potentially transformative on a massive scale. 
     
    But Prof Gordon remains sceptical: 
     
    “These are incremental shifts, not step changes that will transform our world.”
     
    Soveel dan vir die helende krag van jou entrepreneurskap....
     
    Die New York Times Magazine van die naweek het hierdie opstel en word net die inleidende paragraaf geplaas: 
     
     
    May 2, 2013
    Boom, Bust or What?
    By ADAM DAVIDS
     
    ON One cold late-winter afternoon, Larry Summers was standing by the free-throw line at Lavietes Pavilion, on the Harvard campus, somberly shooting a basketball. 
     
    Before a crowded lecture hall at Columbia University, the economist and former adviser to both Bush presidents, Glenn Hubbard, wrote a series of words on the blackboard. Among them: Milton Friedman, Yeats, basketball. Hubbard, a mild and genial man, looks as if he entered the world fully formed, wearing a conservative suit with a side part in his hair and an accountant’s pair of thick eyeglasses. Close your eyes and picture an economist — that’s Hubbard. 
     
    For the next hour, he maintained an oddly cheery tone as he laid out a dystopian vision of the United States’ economic future. 
     
    He ticked off a series of empires — Rome, medieval China, Spain, 19th-century Britain — and argued that they fell because their leadership ossified and squashed free trade, technological progress or other forces of economic growth. 
     
    The U.S. economy, in other words, desperately needs to find its own 3-point shot.
     
    So jou eie denkie is dan pragtig en kan jy jou self 'n gelukwensing gee, die toets bly egter sal dit staan in die werklike ekonomie en samelewing en so voorbarig is ek nie om my leke kennis, wat in elk geval gevind is in die verskeidenheid van publikasies as die antwoord op die probleme te beskou nie.  . 
     
    Daarom dan weer, gun jouself om as die oorwinnaar uit die stryd te tree met die wete dat volgens jou het, wouter nie 'n idee nie en kan hy nie vir homself dink nie, terwyl ek wat Jaco is, wel so kan doen en met 'n reeks voorstelle gekom het. 
     
    Die laaste woord is joune en kan jy dit gebruik vir al die 'cheap shots' wat jy kan vind, maar stap ek van die onderwerp af. Vir my was dit genoeg om die omvang van die probleem verstaan, van die argumente wat rondom dit woed om dit die hoof te bied en te meet aan die feit dat vyf jaar na die ekonomiese krises is dit nog steeds opgelos nie. 
     
    Daarom, jy wen, veels geluk. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello,

     
     Vir die wat dalk die debat volg, ek is besig om na 'n program van BBC te luister, 'The New Common Reader' en vermoed dat dit as aanvullend tot bogenoemde gesien kan word. 
     
    In daardie lig, beskou ek my dan as die 'common reader' wat put op ander se soveel beter denke as 'n manier om in my eie denke te help om sin te maak van die werklikheid. 
     
    Denke kan nie funksioneer in 'n vakuum nie en verlang soveel insette as moontlik. 
     
    Die inleiding van die program is soos volg: 
     
    Matthew Sweet will be following in the distinguished footsteps of Samuel Johnson and Virginia Woolf. He's leading an elite party of literary explorers - Linda Grant, Aminatta Forna, Naomi Alderman and Tim Stanley on an expedition to find "the common reader" -- a being stalked by Woolf in the 20th Century and by Johnson in the 18th. Both believed that the common reader "uncorrupted with literary prejudices" was the final arbiter of "poetical honours" so it's a quest that's clearly still relevant today. The question is what does a common reader look like in our digital age? What are they reading? Where? And how? Pack your e-reader and your thesaurus of course and tune in to Night Waves and join the hunt. 
     
    Inleidend is Virginia Wolf se opstel soos volg: 
     
    There is a sentence in Dr. Johnson's Life of Gray which might well be written up in all those rooms, too humble to be called libraries, yet full of books, where the pursuit of reading is carried on by private people. ". 
     
    . . I rejoice to concur with the common reader; for by the common sense of readers, uncorrupted by literary prejudices, after all the refinements of subtilty and the dogmatism of learning, must be finally decided all claim to poetical honours." It defines their qualities; it dignifies their aims; it bestows upon a pursuit which devours a great deal of time, and is yet apt to leave behind it nothing very substantial, the sanction of the great man's approval.The common reader, as Dr. Johnson implies, differs from the critic and the scholar. 
     
    He is worse educated, and nature has not gifted him so generously. He reads for his own pleasure rather than to impart knowledge or correct the opinions of others. Above all, he is guided by an instinct to create for himself, out of whatever odds and ends he can come by, some kind of whole--a portrait of a man, a sketch of an age, a theory of the art of writing. 
     
    He never ceases, as he reads, to run up some rickety and ramshackle fabric which shall give him the temporary satisfaction of looking sufficiently like the real object to allow of affection, laughter, and argument. 
     
    Hasty, inaccurate, and superficial, snatching now this poem, now that scrap of old furniture, without caring where he finds it or of what nature it may be so long as it serves his purpose and rounds his structure, his deficiencies as a critic are too obvious to be pointed out; but if he has, as Dr. Johnson maintained, some say in the final distribution of poetical honours, then, perhaps, it may be worth while to write down a few of the ideas and opinions which, insignificant in themselves, yet contribute to so mighty a result. 

     
    Die soeke na die 'common reader' kan hier gevind word: 


    Baie dankie

    Wouter

  • Wouter

    Dit is jammer dat jy so 'n siniese houding inslaan om nou weereens 'n wanvoorstelling  aan te kondig dat ek wil wen ten alle koste.  Alles behalwe.  As jy reg onthou, was dit jy wat my oor die entrepreneurskap oorspronklik aangevat het, en die het ek verwelkom om sodoende vriendelike verskille van sieninge ter tafel te le, en hopelik sodoende onder die breer  SeNet lesers debat uit te lok.  Jy het dit van die staanspoor verkeerd opgeneem en van die begin my persoonlike beledigings toegegooi.  Ek op my  beurt het toe ook in die strik geval om dieselfde aan jou te doen.    Daar gelaat.

    Ons altwee se uitgangspunt is nie eenders nie.  Hoe ek jou nou lees, is dat jy net wil weergee wat wêreldwyd ekonomies gebeur, en herhaal wat die Financial Mail, die Economist, ens oor die onderwerp te sê het oor die impak op enige gegewe ekonomie en wil nie enige persoonlike opinie lug nie, omrede volgens jouself, jy nie 'n spesialis is nie.  Tog het jy as leek, met Giliomee as spesialis op sy eie studie-gebied verskil, rakende die se uitlegging van die apartheidsera, en niks volgens my mening, fout daarmee nie.   So ek verstaan nie heeltemal dat jy jou suiwer beperk om ander oor die ekonomie aan te haal, tog nie gehuiwer om met Giliomee te verskil nie, ten spyte van al sy noukeurige navorsing.

    My uitgangspunt rakende ons ekonomie is die SWOT analise.  Internal locus = Identifying our STRENGHTS and WEAKNESSES and exploring strategies whereby we can build on our strengths, and attempt to turnaround  weaknesses into strengths.  External Locus =  external factors, some beyond our control.  OPPORTUNITIES out there that could be harnessed to our advantage, THREATS which might be able to torpedo progress, and putting strategies in place so as to circumvent such threats.  Die NDP (National Development Plan) is op daardie einste beginsels geskoei.

    Dit verder uitgebrei.  Ek konsentreer uitsluitlik op die SA-ekonomie.  Ja die wêreldekonomie daarbuite impakteer tans wel negatief op hierdie land, maar ek is van mening ons moet nie stilsit en se ons kan niks verder aan ons voortbestaan buite hierdie afwaardse neiging in die wêreldekonomie doen nie.  Ons kan en ons sal met in agneming van die SWOT-analise, die dat ons 'n NDP het.  (Met hierdie regering se powere rekord,  twyfel ek dat dit verder as die papier waarop dit geskryf is, sal vorder).

    Daar is ander, miskien selfs in regeringskringe wat hier op SêNet lees.  Indien jy hier op SêNet 'n haalbare idee vorendag kom, dink jy nie jy sal die gedagtegang van sodanige persoon nie prikkel nie?

    Wat ons ekonomie beduiwel is die ras benadering van die regering  asook die Vakunies wat onwerklike verwaginge onder hulle lede skep wat miskien op die kort termyn aan toegegee word, maar in die langtermyn ekonomiese ondergang en werkverliese kan beteken en die daaropvolgende onluste wat van 'n gefrustreerde bevolking  gaan ontstaan.

    Terloops.  Pas op e-NEWS die berig gehoor van oor 'n 100000 betrekkinge verloor die eerste kwartaal van hierdie jaar.  Nou wag ek om van die regering te hoor dat dit apartheid se skuld is!

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco, 

     
    Op 'n punt van orde, daar is baie waarvan ek dalk beskuldig kan word, maar glad nie dat ek jou onder persoonlike beledigings toegegooi het nie. Indien jy daarmee volstaan dan is daar werklik niks meer van my kant wat ek aan jou wil rig nie en sal ek jou eerder vermy in die toekoms. Vir persoonlike beledigings moet daar na die modus operandi van Henn gekyk word, daar is nou 'n voorbeeld, nie een keer het ek jou beledig nie. 
     
    Daar was 'n speelse interval waar jy my prinsses genoem het en ek jou dowwe dolla asook Jaco(lina), maar het ook afgesluit met Woutrina. Dalk voorspelbaar dat die twee gay persone met dit sou speel, maar is dit gou agtergelaat, ten goede want dit speel te veel op stereotipes.
     
    Die Herman Giliomee geval, was my kritiek slegs gebaseer op die ontleding uit sy hand wat aangevoer het dat daar 'n keuse tussen ekonomiese opheffing of apartheid moes wees en dat 'n besluit teen apartheid armoede vir almal sou bring. 
     
    Dit was nou al 'n ruk terug en kan dit wees dat ek van sy argumente verkeerd aandui. 
     
    Dit was nie vir my aanvaarbaar nie, aangesien ekonomiese ongelykheid, nou een van die grootste knelpunte in Suid-Afrika was en kan dit aangevoer dat apartheid het as 'n oogmerk gehad om die meerderheid van die bevolking nie deel van die ekonomiese bestel te maak nie, en is daar geen manier hoe daar gepoog kan word om 'n verdediging te soek vir redes waarvolgens dit aangevoer word hoekom apartheid verduur moes word.
     
    Soos alreeds gesien aanvaar jy dat apartheid verantwoordelik is vir die afskuwelike ongelykheid wat in die land heers en sal bogenoemde jou nie welgeval nie. 

    Camus is al hier gebruik om die 'plaag' 'n naam te gee, so ook die pes, maar Camus is nie gebruik om die ekonomiese geregtigheid waaroor hy hom beywer het hier van toepassing te maak nie. 

    Daardie mislukking van apartheid om beide ekonomiese en sosiale geregtigheid vir die hele bevolking moontlik te maak bied geen manier waarop dit verdedig kan word nie, nog minder komende van 'n persoon soos Giliomee. 

    Indien ek hom verkeerd gelees het en 'n deelnemer kan dit bevestig dan sal ek dit erken. 

    In Giliomee se nuwe boek, Die Laaste Afrikanerleiers, is beskikbaar as 'n eboek vir die Kindle en is dit op my lys. 

    Giliomee bespreek onder andere Van Zyl Slabbert ook, en Van Zyl Slabbert is sekerlik die betroubaarste en degelike ontleder van apartheid wat ek gelees het, aan die hand van sy Tanner Lesings en veroordeel dit sonder kwalifikasies apartheid. 

    Daarom dan Van Zyl Slabbert vir my maar is ek baie nuuskierig om Giliomee se lees van Van Zyl Slabbert te lees.

    Hierdie bring dan uiteindelik die ekonomiese debat na vore. 

    Daar is weereens geen twis van my kant af oor die wenslikheid van entrepreneurskap, en het selfs voor jou skrywe dit as positief beskou. 

    Miskien moes ek dit daar gelaat het en die vraagstuk van ekonomiese groei vir myself gehou het en jou argumente laat staan het. Dit sou dalk die beter opsie gewees het. 

    Die manier hoe ek die ekonomie sien huidiglik, plaaslik en globaal is soos volg: 

    Ekonomiese groei wil nie vonk vat nie. Dit is fantasties as die ekonomie op dreef is, maar dit is baie moelik om na 'n insinking dit weer aan die gang te kry. Daardie is die probleem beide en hier en in die res van die lande. 

    Daar is lande wat nog steeds goed groei, China bv, 7% of so, die VSA veel minder en dan hier ter plaatse so laag soos 2,5% en Europa met 'n krimpende ekonomie. 

    Afrika het ook 'n paar lande wat uitstekend groei. 

    Hierdie is nie goed genoeg om geleenthede te skep nie. Soos nou alreeds gesien, veroorsaak dit werksverlies, maar tesame daarmee, is daar nog 'n tendens, die van robotte wat werk oorneem. 

    Hierdie is 'n vrees wat nou al 'n lang pad kom, maar hierdie is besig om te gebeur en het Associated Press 'n reeks daaroor gehad in die begin van die jaar en sal ek dit graag wil aanbied, want hierdie is 'n ernstige punt van debat, masjiene wat die werkers vervang. 

    Daar uiteindelik gebeur dit. 

    Met die inkrimping en verlies van werk, word dit aan die regerings gelaat om die ekonomie te stimuleer en is daar 'n hengse debat daaroor wat ook woed. 

    Die een kamp voer aan dat die regerings moet kapitaalprojekte loods, geld in die ekonomie inpomp, hierdie sal dan 'n versnelling in die ekonomie veroorsaak, waar vir elke R1 daar nog 'n Rand of twee genereer sal word deur die ekonomie en so dan groei en werksgeleenthede bring. 

    Die ander kamp het dit dat die skuld van die vorige dekades eers afgelos moet word, dit beteken 'n lang periode van stagnasie is die voorland en die ekonomie se groei is minimaal. 

    Daarom dan, wie gaan die argument wen? 

    Ek weet nie, net soos ek ook nie weet wat sou die regte besluit wees nie. 

    'Alle lande' probeer Duitsland naboots, maar almal kan nie uitvoerders wees nie, daar moet markte wees waarna uitgevoer kan word. 

    Daarom dan kan ek nie net konsentreer net op die SA-ekonomie nie maar moet  die wêreldekonomie en Suid-Afrika se plek daarin deeglik bespreek word. 

    Kan Suid-Afrika sy vervaardiging sektor uitbou? (Vir uitvoere waarheen?) 

    Kan Suid-Afrika sy infrastruktuur opknap? (Goed vir Suid-Afrika in eie reg - plaaslik) 

    Kan Suid-Afrika sy mynbou bedryf met raad en daad bystaan en Malema tipes verban. (Vir uitvoere en aanvraag van waar?)

    Kan Suid-Afrika sy landbou sektor ontwikkel, waarmee ek eens is met jou, maar daar kan nie verby 1913 gekom word nie. Ideologie het die grond gevat in 1913 maar nou skop jy teen die regstelling as 'n ideologie waarteen opgestaan moet word. 

    Ek beskou jou as redelik ingelig en was verbaas dat hierdie jou ontgaan het, net soos met apartheid se onskuld volgens jou as 'n oorsaak van ekonomiese ongelykheid. 

    Sonder om swartgallig te wees, hierdie is 'n geknelde land, 'n geskiedenis wat as tragies beskou kan word en dan die uitdaging om in hierdie omstandighede dit die hoof te beid. 

    Mbeki het ekonomies goeie dinge gedoen en dit verdien om deur die regse gekkegrens erken te word, maar het al die verkeerde beleide ons mynbou geskaad wat 'n drywer vir ekonomiese groei beide in die mynbou en verwante ondersteunings sektore gewees het. 

    Daarom dan, laat my twee biografiese notas toe. 

    Die bestaan is groter as wat ek kan begryp en kan my denke dit nie alles omsluit nie, daarom moet daar twyfel wees wanneer ek oor die 'werklikheid' praat, menings die mag ons huldig, maar wat sal die toets in die werklikheid wees en sal dit, dit kan oorleef? 

    Die laaste nota ek het my bloedtoetse vandag gekry. 

    CD4 telling op na 236 (vanaf 'n laagtepunt van 'n aanvanklike  23 en toe 75) en virale lading van 'n miljoen plus na 1800. 

    So vandag voel ek 'great'.

     Baie dankie

    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top