Wat 'n lewww.e

  • 0

Jy log on voor jou eerste beker boeretroos,
Met slaap in jou oë kliek-kliek jy oor jou internet se icon-kroos
Het daar dalk iemand deur die nag vir jou ‘n boodskap gestuur
Opgewonde om te sien wat verskyn op die digitale muur

Jy kry jou nuus op news24.com, onbevraagteken
Op yr.no kyk jy of dit reën en of die son dalk skyn
agter jou toegetrekte swartkamer-gordyn
Jy stuur e-posse met blomme en mooi voëltjies wat roep,
maar jou kamer ruik na sweet, katpis en poep.

Jy muis-ry van een webwerf na ‘n ander sonder om te groet
Groot-meneer agter die skerm pick jy ‘n fight
onder die skuilnaam Dark Avenging Knight
Hou nie terug met jou slimpraatjies en opinie
al het jy nog nooit die ware Jakob gesien nie

Ons loop mekaar raak op .co.za of .com en jy braak jou gal
Jou opinie is op Wikipedia.com gaan haal
Jy leen, steel groot idees sonder om erkenning te gee
Jy google.com argumente om my mee te vee ...

 

Jy kan alles op Kalahari.com bestel
Op Facebook.com maak jy nog ‘n kamstige pel
Jy kyk ‘n gesteelde fliek en download ‘n pirate van Poena
Betaal jou rekeninge en stuur e-pos vir jou ouma.

Maar iewers moet jy uit jou huis uit kom
Verwarde Dark Avenging Knight, dom
Is jy net nog ‘n puisiegesig-pateet,
swakkeling, sosiaal-gestremde, keyboard-atleet?

Jou www-empire is ‘n virtuele alternatief
Waar jy koning kraai en regeer selektief
Maar geen webwerf bestaan
Om die warm sout te proe in ‘n seerkry-lewenstraan.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top