Was Jesus gay?

  • 2

Hier in ons kontrei gons dit (ag, tog nie alweer nie!). Het jy gehoor?

Die hele ding het begin toe twee manlike prokureurs besluit het om saam huis op te sit. Toe hoor jy net hoe skel die mensdom: homoseksueles en gay. Ek was onder die indruk die kerk het die ou sakie opgeklaar en onder die mat ingevee, maar nee. Een van die plaaslike dominees het seker te lank by Sincity gebokjol, en toe die Sondagoggend sommer een van sy ou preke gegryp. Daar laat waai hy toe oor hoe homoseksualisme ’n gruwel in God se oog is. Nou is daar g’n keer meer nie, die vet is in die vuur en almal bal die vuiste om te baklei as dit moet.

Dit het my laat wonder: waarom is Christene so op hulle perdjie as die onderwerp ter sprake kom? Homoseksualisme is , volgens die Bybel, ’n gruwel in God se oog, maar geen Christen steur hom meer daaraan nie. Niemand leef meer volgens die Bybel nie, so waarom dan die opstoot van die bloeddruk? Nie alleenlik dit nie, maar vir die Christen gelowige is dit ’n uiters sensitiewe saak. Kerke en gemeentes raak verdeeld daaroor, en niemand wil ’n gay dominee op die preekstoel hê nie.

Ek het gehoor dat Christene so irrasioneel raak daaroor omdat daar in hulle agterkoppe die nare gedagte ronddwaal dat Christus miskien gay kon gewees het, nie dat dit seker sou saak maak aan sy boodskap nie. Daar is geen bewys daarvoor nie, maar dan is daar geen bewys vir enigiets wat geloof betref nie, daarom sal ek dit nogal glo.

Om reg te laat geskied, het ek so bietjie gelees hieroor, en tot die ontdekking gekom dat die Evangelies van Philippus en Thomas bewys dat hy nie gay was nie, want albei sê dat hy getroud was en ’n kind gehad het. Ongelukkig het hierdie twee evangelies nie die Bybel gehaal nie; dus kan dit seker nie waar wees nie.

Volgens die evangelies wat wel in die Bybel is, was Jesus ’n man van so om en by dertig jaar oud; iets ongehoords in die Joodse kultuur. ’n Man van sy ouderdom moes al getroud gewees het. Dan moet onthou word dat hy ook nie minder nie as twaalf mansvriende gehad het, wat die saak ’n bietjie verdag laat voorkom. Êrens in die Nuwe Testament word ook melding van gemaak daarvan dat Jesus ’n nag saam met ’n naakte jongman deurgebring het, en hom al die wyshede geleer het.

Sê nou ’n historikus kan bewys dat daar iemand soos Jesus was, en sê nou hy kan bewys dat hy gay was? Sou Christene dan Jesus verwerp, of sou hulle die bewyse van die historikus verwerp? Jy kry net een raaiskoot.

Groete
Angus

 

 

 

  • 2

Kommentaar

  • My raaiskoot: Christene sou die historikus se bewyse  verwerp en Kobus sou hom as Agnostikus sonder spirituele insig en intelligensie verklaar.

    Panda

  • Chris Dippenaar

    Sou dit beteken dat toe Jesus Jerusalem ingery het op 'n donkie dit 'n antieke weergawe was van 'n gay-parade?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top