Sjalom! Elders lewer "Dolf" die volgende kommentaar - geseënd deur die ou grote Kobus de Klerk; " ... dat ons (ware Christene - en jy [Cornelius] sal nou agterkom wat ware Christene is) ..."
Ewe honend tot dieselfde bydrae lig "Henry" tot Kobus se oorweldigende blydskap my ook as volg toe; "Cornelius se bybel (sic) lees as volg: ... Die ware Bybel lees as volg: ..."
Dis algemeen bekend aan enige gereelde belangstellende op die werf dat Kobus gedurig uitwys dat "ware gelowiges" hom eer. So het daar al "Christenmoeders", "Tant Alies" en menige ander verskuilde, aan Kobus hulde as die ware Jakob kom bring.
Kobus, as priestershoof van die helse huiskerkbende op die werf, is dan ook heel belangrik 'n "privaat profiel" op die werf.
Daar moet seker maar rede vir hul verskuilde gehoon wees. Een van die baie redes moet seker wees om hul gerekende identiteit te beskerm. Intussen sleep hulle listig Jesus Christus ons Hemelse Vader openlik deur die hel met hul vyandigheid jeens die liefde en genade van die Evangelie.
En dis hoe dit is; fundamentaliste en onderdrukkers kon nog nooit berus in die belofte in die Bybel; "En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet (Openbaringe 22:17)".
Nee, die "ware gelowiges" verskuild met hul "ware Bybels" agter vals naampies voer hul "verdienste" in 'n "ons" en 'n "hulle" agenda as die enigste weg na verlossing.
In hul "ons" is hulle gedurig die meeste, slimste en sterkste.
Die "hulle" is altyd gevaarlik, min, dom en dwaas.
Die ergste van alles dat "die Woord" gedurig as wapen vir hul eentonige aanklag en geteem in hul kammahof misbruik word.
Maar dan is daar tog 'n bietjie lig.
Kobus tik die volgende gedeelte elders;
Ons kan meer klaarheid en substansie aan dié wysheid verleen, deur die ‘s’ in ‘spirit’ met ’n hoofletter te vervang, sodat ‘spirit’, Spirit, word. Want “Spirit” het ingrypende betekenis. Ingrypende Krag.
Dit is die Spirit van die Liefde - God, want God ís Liefde - God in Jesus Christus die HERE het dit vir ons kom leer en demonstreer in die Woord.
Markus 12:
“30 en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
31 En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié (twee) nie.”
En by die bergpredikasie, dié Waarheid wat daarby aansluit:
Mattheus 7:
”12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.”
Waarom sou die Josef Stalin’s van die lewe dit nie wil eer en navolg nie? Waarom sou hulle die Outeur daarvan, die Spirit, die Gees van Liefde, nie aanneem nie? Omdat hulle God verloën en daarmee saam die Liefde, ook.
Maar, die Gees van Liefde, God, sál die laaste Woord hê. Dit is die wonderlike hoop en krag vir die toekoms. En wat moet die ’good men’ van Burke doen? Hulle moet daaraan begin gevolg gee. Dit is n kwessie van opvoeding en oortuiging in die Goeie, die Spirit. GOD.
(einde van aanhaling)
Ja, dis waar; dis onse eie Kobus wat hierdie wonderlike insig met ons deel. En nie een van sy verwysinge na God as "die Gees van Liefde - die Goeie, die Outeur daarvan", staan prsesies so in die Bybel opgeteken nie. Dit kom uit sy hart.
Die enigste hartseer natuurlik dat Kobus weereens die Bybel as die Woord in sy veronderstelling verafgod.
Nietemin, sal Kobus en die res van sy raad ooit vir ons van agter hul vals naampies en verskuildheid verklaar wie hul naaste is?
Stellig nie - kan "Dolf", "Henry", "Alie" of enige van hul vuur-en-swael-dwepers dit werklik ooit kan bekostig om hulself so bloot te stel?
Vir my is elke mens op aarde my medemens (naaste).
Daarom bid ek dat Jesus Christus onse Spirit - die Gees van Liefde - die Goeie, die Outeur daarvan, ons almal sal vergewe en die hele wêreld sal seën.
Vertrou die werf se staande sensasie en prediker, die berugte ou grote Kobus de Klerk om een of ander sensasionele en hol geryde onderwerp te "herbesoek", en die hel is weer los.
Nes 'n wafferse Satanskind, dring Kobus daarop aan om op sonde voor die Troon van God te fokus.
Dis ondanks die liefde en genade wat juis in die Bybel vir ons geleer word naamlik; "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons medemens is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag (Openbaringe 12)"
Vir jare reeds veronderstel Kobus de Klerk in sy priesterheerskappy en drogma op die werf 'n soort farisese skrifgeleerdheid en intellektualisme bokant 'n persoonlike verhouding met ons almal se Almagtige Lewende Skepper. Met sy parakundigheid aan't hand, verskeur hy ander se bydraes in sy hartelose werfkerk met bespotlike verdraaiinge en geforseerde halwe waarhede - sy gewydheid - om "braakland te breek".
Kobus het geen saak waar ander hulself op hul lewensweg in die liefde en genade van GOD bevind nie.
In nog 'n klimaks elders, vloek Kobus die volgende aan my; "Kan jy (Cornelius) een enkele brief onder jou hand uitwys waar jy mense vermaan om hulle sondige en Godslasterlike optrede te laat vaar, ter wille van die HERE? Nee, jy kan nie. Maar ek kan jou baie uitwys waar jy die Godslasteraars en Godloënaars probeer komplimenteer (ek is seker hulle verag jou ook daarvoor) en selfs aanmoedig, terwyl jy die HERE se Naam gedurig oor jou vals lippe laat strooi ..."
Die teendeel is egter wel waar naamlik dat ek Kobus en sy huiskerkbende gereeld in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE vermaan.
Anders as Kobus se tipiese en bombastiese verwensing, is my berisping gewoonlik om eers die balk in eie oog te soek. Vandaar die ongelukkigheid dat Kobus van tyd tot tyd aan sy oneervolle dwalinge in die regte lewe moet herinner.
My gereelde vermaninge uit die Bybel (byvoorbeeld die hele Mattheüs 23), val Kobus natuurlik ook totaal verby. Hy beskou dit as die krasste denkbare en ergste persoonlike belediging; net omdat ek as mens in die hand van God hom nie aanstaan nie want hy word vanselfsprekend nie daarin geëer nie.
Kobus het egter wel 'n punt. Ek stel nie belang om enigeen se sonde, ook nie syne, 'n middelpunt te maak nie.
Die brandpunt in my bydraes op die werf is dat Jesus Christus ons almal se GOD is wat 'n regte mens vir ons geword het.
Ja, vir hierdie Goeie Nuus het menige hul lewe gegee.
Ek sal dit ook met groot vreugde en blydskap doen.
Daarom vervolg Kobus my vir jare reeds in sy egotiste waan met; "Jesus Christus is NIE ons Hemelse Vader nie".
Lees dus die res van Kobus se vloek in die Lig van my verkondiging van die Evangelie - die vervolg daarvan in Kobus se eie woorde; "... jy sien (Cornelius), 'n rugsteker soos jy is nêrens welkom nie - ook nie by die vyand, nie. Want as jy jou eie soort in die rug steek, soos jy met jou Godslasterlike druil in die Naam van die HERE gereeld doen, kan en sal jy hulle ook in die rug steek. Daarom is jou soort, altyd op- en indringers, en nêrens welkom, nie, omdat jy altyd 'n verskuilde self-dienende agenda het. Nie eens by jou kerk, waar jy jouself indring, nie, want as hulle moet weet wat jy werklik glo en kwytraak, en hoe jy hulle leerstellings doelbewus verdraai, sal hulle jou ook uitskop. Jy laat my dink aan die sataniste wat hulle by die kerke en op kerkrade inwurm om van binne af, vernietigingswerk te probeer doen... Maar die HERE sal julle dit vergeld!"
Kobus, ek vergewe jou.
Mag I?soûs Christus onse LOGOS, onse Ewige Pat?r, ons almal vergewe en in Sy liefde en genade gesond maak.
Namaste!
Cornelius
NS Ek skrop eintlik vir ’n onbepaalde tyd weer diep in die bos. Ek belowe egter sonder om te veel te onderneem, om so gereeld as moontlik ’n eier te kom lê. Moenie moed verloor as my nessie bietjie leeg begin raak nie. Kobus, en moet my asseblief nie teleurstel nie – ek sal beslis kom loer ...


Kommentaar
Watter stomme gebabbel, Cornelius - weereens. Het jy gedink dit sal jou enigsins uit jou selfgeskepte penarie red? Besef jy nie dat jou sinnelose gebabbel en obsessie met my, jou, nie vir my nie, al meer en meer skade aandoen, nie?
Beide Dolf en Henry het jou met beleefdheid en ordentlikheid behandel en probeer reghelp. Maar ook hulle, loop onder jou sinnelose siedende, hatige gekrys deur. Jy haat werklik ware gelowiges.
Niks wat jy sê, kan my beledig nie - jou snert het net eenvoudig nie krag waardeur ek beledig kan voel, nie. Nee, die enigste beledigings uit jou skrywes, is vir jouself. Jou pogings is vir jou een vernedering op die ander.
Jou sogenaamde 'liefde en genade' is net teenoor jouself. Hoe walglik.
Jou verdraaiings en snert en misbruik oor en met die Woord, is vir almal om te sien, selfs die agnostici, so erg is dit. Daar het steeds by jou niks verander nie, maar dit word by die poging, of 'bydrae' soos jy jou snert noem, vir jou al erger.
Jou leuenagtigheid raak ook al meer sigbaar.
Jy lieg oor die Bybel. Jy lieg oor die gelowiges. Jy lieg oor baie dinge. Jy verdraai dikwels mense se woorde. Waar jy dit nie kan doen nie, soos met my, lieg jy sommer prontuit.
Plaas die skakels waar ek myself 'die grote' noem, en waar ek sê of roem dat my medegelowiges my eer. - jou leuenaar. Is jy so waansinnig? Hulle eer God, die HERE, nes ek ook doen.
Al wat almal op hierdie forum wel weet, is hoe jy jouself keer op keer verneder - jy is werklik die heimlike en ook nie so heimlike spot, hier.
Dit is jammer dat dit so is vir jou. Maar wat het jy gedink, sal gebeur, as jy so spot vir jou eie doeleindes met die Naam en Woord van God? Hoe lank, het jy gedink, gaan jy daarmee wegkom?
Jy is so bitterlik dwaas.
Cornelius,
Ai ou Cornelius, al wat ek (en ek glo Kobus, Henry, ens) by jou wil tuisbring is slegs waaroor die Enigste Ware Evangelie van Jesus Christus gaan en dat daar Geen Ander Evangelie Is Nie! Dit wil vir my voorkom asof jy Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker as God die Vader sien - in die sin - dat jy Hom vergelyk en/of gelyk stel aan die god(e) van die Boeddhiste, Hindoes, ens en dat dit in jou boek nie saak maak watter godsdiens 'n mens aanhang nie, ons gaan almal by dieselfde God?/god(e)? uitkom, en dat ons almal eintlik op dieselfde pad is - maar onsself net op verskillende plekke op die pad bevind. Ook blyk dit uit jou vorige skrywes dat jy nie op mense se sondes konsentreer nie (ook goed so, want ons is almal sondaars), maar op hul liefde (of hulle eie idee daarvan) en hoe hulle dit uitleef na hulle medemens toe. Dit blyk ook nie saak te maak waarmee die mense hulself besig hou en watter sondes hulle beoefen en Nie van wil Afsien Nie - net solank almal in "sogenaamde" liefde saamleef - 'n tipiese "live and let live" scenario. So 'n uitkyk noem ek 'n "All roads lead to Rome"-godsdiens (sien my vorige skrywe). Dit is NIE wat God, deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus, ons kom leer het NIE!
Wat verkondig jy? Verkondig jy Jesus Christus as almal se God - in die sin soos hierbo aangedui? - of - daarinteen, verkondig jy Jesus Christus as die Enigste Seun van God ons Vader, in en deur wie God ons Vader, ons verlossing en versoening met Homself bewerkstellig het? Jy praat van Waar en Vals. Wat is waar en vals? - kom ons meet dit aan die Bybel (die Lewende Woord van God) - Die Bybel wat verlossing vir almal aandui - SLEGS en ALLEEN deur die Liefde en Genade wat God ons Vader aan ALMAL betoon het, deurdat Hy Sy Enigste Seun, Jesus Christus, gestuur het na die wêreld, sodat ALMAL wat Hom aanneem in geloof (Geloof wat die Heilige Gees in ons wek) EN Hom erken as God se Enigste Seun, gered is en nie meer onder die oordeel staan nie - DIT IS DIE WAARHEID en enigiets anders is vals en DWAALLEER en God se Genade Versoening in en deur Jesus Christus - Sy Enigste Seun - het geen waarde vir diesulkes wat sulke valse godsdiens/leringe aanhang nie!
Dit wil verder voorkom asof jy vergeet? dat die Ware Evangelie duidelik aandui dat SLEGS Jesus Christus (as God ons Vader se Enigste Seun, waardeur Hy uit Genade en in Liefde, Versoening met Homself, bewerkstellig het) die Weg en die Waarheid en die Lewe is en dat NIEMAND na die Vader (GOD) kan kom behalwe deur Jesus Christus, Sy Enigste Seun, nie. Daarom is die Boodskap van Versoening (die Enigste Ware Boodskap) - die Goeie Nuus - Dat God ons Vader gesien het en ook geweet het dat ons gaan dit nie maak op ons eie nie! (ons kan net eenvoudig nie uit ons eie Sy Gebooie gehoorsaam nie). Daarom het Hy Sy Enigste Seun (wat Vlekkeloos en Sonder sonde was) uit Liefde en Genade vir ons as sondaars geoffer aan die Kruis en Hom uit die dood Opgewek, as Oorwinnaar oor die dood en die sonde, alles vir ons Redding en Verlossing! Dit is die ENIGSTE WARE WEG deur JESUS CHRISTUS! Hoekom dink jy het Paulus so telkemale (veral in Galasiërs) ten strengste en onverpoosd Teen vaslê leerstellings gepreek - leerstellings wat strydig is met die Enigste Ware Evangelie soos hierbo aangedui.
Dit is nie Liefde om ons naaste/medemense wat sondig (op watter wyse ook al), nie tereg te wys nie, en slegs "Jesus loves you" toe te sing nie. Nee, beslis nie! Ware Liefde - soos geleer en gewys deur Jesus Christus - is Juis om sondaars van God se redding en versoening deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus, te vertel EN hulle op hul sondes te wys en daaroor te vermaan - Ja-ja in liefde en nederigheid en sagmoedigheid - maar dit te DOEN! Daardeur se ek Nie dat ons wat In Christus is, enigsins moet rondloop asof ons sonder sondes is Nie! Glad nie - ons Moet ook oop wees om aangespreek te word waar ons afdwaal. Maar die feit dat ons sondaars is EN ons sondes erken vir wat dit is - Sonde - kwalifiseer ons vir God se Genade versoening deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus, ons Here. Liefde is eenvoudig Nie om ons naaste/medemense te sien, wat op die verkeerde pad na die ewige verdoemenis is, en net so te los en te laat "Live and let live" Nie! Sal jy enige van jou geliefdes los as jy Sien hy of sy is op die verkeerde pad (op watter wyse ook al)? Nee, jy sal Nie. Jy sal Juis hulle - in Liefde - teregwys, sodat hulle hul lewens kan regkry om ook saam met jou die ewige lewe in Christus Jesus te kan beërwe - wat God ons Vader vir elkeen belowe wat Sy Versoening in en deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus, aanvaar en in geloof aanneem.
Onthou, God se Genade Versoening is GRATIS - Sy Enigste Seun, Jesus Christus se Kruis dood en Opstanding, was vir God aanneemlik en die Perfekte Offer vir ons almal se sondes (verlede, hede en toekoms) en die pad na God ons Vader is nou vir almal oop en beskore maar SLEGS deur Sy Enigste Seun JESUS CHRISTUS Alleen! Daarom dat ek na "ware" christene verwys as diegene wat bo-genoemde verstaan en uitleef en daarom IN Christus is.
Ek weet ons ken almal maar net ten dele en moet nog geweldig baie leer, maar een ding staan vas! Daar Is Net Een Enigste Ware Evangelie en dit is Duidelik hierbo uiteengesit dienooreenkomstig die Lewende Woord van God ons Vader! Alles tot Sy Eer en Verheerliking Alleen! Dit Is Waaroor Dit Alles Gaan!
Cornelius, ek wil jou (of enigiemand anders) regtig nie oordeel nie, maar ek moet valshede en sondes - in Liefde - uitwys waar dit voorkom, tot redding en verlossing vir diegene waar dit voorkom - dit is ons as "ware" christene se verantwoordelikheid, Eerstens teenoor God en ook teenoor ons naaste/medemense. Ons is (behoort) broers in Christus te wees (Hy noem ons sy broers, waarvan Hy die Eerste is). Ek kan nie my broer sien struikel en hom nie ophelp nie (in Liefde). Net so kan my broer my nie sien struikel en my nie ophelp nie (in Liefde). Maar van die Enigste Ware Evangelie soos ons in die Lewende Woord van God duidelik lees en verstaan, sal geeneen my ooit anders van kan oortuig nie - ek Weet Dit Is Waar!
Mag ons wat In Christus is - 'n Heilige Gees vervulde, Jesus Christus gefokusde en God gesentreerde lewe lei en uitleef, tot Sy Eer en Verheerliking Alleen!
Vrede vir jou
Dolf van Loggerenberg (nie 'n skuilnaam nie).
Hier is vier briewe waarin ek die Drie-Eenheid, Vaderskap van God en Jesus Christus aan Cornelius verduidelik - waaroor hy vir jare al, leuens verkondig - maar hy sal aandring om sy leuen omtrent wat ek skrywe, te probeer verkondig.
Jy doen my geen kwaad met jou leuens nie, Cornelius, maar jy doen jouself oneindig kwaad - want in jou poging om my by te kom (jy weet mos teen hierdie tyd al, dat jy nie sal slaag nie), belaster jy die HERE want dit is oor Hom wat die gesprekke gaan - jy misbruik die HERE se Naam en Heiligheid en Waardigheid om my mee te probeer bykom? Kan jy dan werklik nie besef wat jy aan jouself doen, nie? Jou obsessie oor my is besig om jou in die verderf te laat beland. Ruk jou reg!
Kobus, die feit dat jy iets verduidelik beteken niks. Jy is immers dieselfde "ou grote Kobus" wat katolieke en elke andersgelowige ter helle vervloek. Hoekom moet ek op jou duiwelsgeestige gedweep as iets gesaghebbends ag slaan?
Dolf, stuur tog 'n pluimpie aan Kobus vir sy fenomenale spirituele intelligensie in sy VIER briewe waarin hy sy huiskerkstelseldrogma aan my probeer afsmeer ... ek kyk uit vir jou antwoord elders voor ek onnodig hoef te herhaal onder hierdie bydrae.
Kobus,
Dankie vir jou geskrewe hierbo. Ek het maar onlangs aan hierdie forum begin deelneem en het al die briewe (Drie-Eenheid, Vaderskap van God en Jesus Christus) wat jy hierbo aangedui het, gaan lees. Dit het vir my ongelooflike lig op die Enigste Ware Evangelie wat ons as ware gelowige christene bely en probeer uitleef, gewerp. Dit het my ook laat besef dat ek net meer en meer in die wonderlike Lewende Woord van God moet en wil delg, want so leer ons God ons Vader net beter en beter ken deur Sy groot genade in en deur Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker en die alom teenwoordigheid van Sy Heilige Gees in en by ons.
Ek stem heelhartig met hierdie geskrewes van jou saam - dit is duidelik en onomwonde op die Woord van God gebaseer - Die Waarheid - en dit is absoluut reg so. Dit is baie duidelik dat Cornelius nie besef (of nie wil besef) wat die Waarheid is nie. Hy verkondig duidelik 'n leuen - 'n selfgevormde, religieuse en godsdienste gemengde leuen - wat hy as die sogenaamde "waarheid" versier en wil voorhou. Hy erken self dat hy alle godsdienste ondersteun en selfs saam hulle godsdiens hou en boonop Jesus Christus "maak pas" in hierdie godsdienste om homself te pas, soos wat hy rondswerf van die een na die ander. Dit is ongelooflik lasterlik en hy besef nie hy sit in die kring van die spotters nie! God se genade versoening deur en in Christus Jesus het vir hom Geen betekenis nie - en hy snap dit nie!
Cornelius het dit heeltemal mis waar hy beweer dat ons as ware gelowiges mekaar (of blykbaar jou) "eer". Hy besef weereens nie dat ons as ware medegelowiges mekaar eerder dien en ook bedien met die Waarheid nie en so Jesus Christus se Liefde na mekaar en na ons naaste/medemense uitleef nie. Ons hou Nie die Goeie Nuus (die Enigste Ware Evangelie) vir onsself Nie! Nee-nee ons vertel dit vir die wêreld in gehoorsaamheid aan, en tot eer, van Christus Jesus en Sy opdrag - ons wat in Christus is - sonder om die Suiwerheid van die Lewende Woord van God te probeer verdraai om by ons te pas. Cornelius verstaan eenvoudig net nie en het, klaarblyklik, al na menige teregwysings en/of uiteensettings van die Waarheid van God se Woord nog steeds nie tot sy sinne gekom nie! Hy wil nie en dit lyk vir my al hoe meer soos 'n persoonlike vendetta teen jou (en nou ook ander ware gelowige christene). Dit, net tot sy eie nadeel en ander wat sy ideologie aanhang. Maar steeds IS daar redding en ware verlossing vir hom en almal in die Genade Versoening wat God ons Vader bewerkstellig het in en deur Sy Seun, Jesus Christus ons Here! - die Enigste Weg!
Vrede vir jou Kobus en Onthou niks en niemand kan ons skei van die Liefde van God ons Vader wat daar is in Christus Jesus ons Here nie!
Mag ons wat In Christus Jesus is - 'n Heilige Gees vervulde, Jesus Christus gefokusde en God gesentreerde lewe lei en uitleef, tot Sy Eer en Verheerliking Alleen!
Dolf van Loggerenberg
Cornelius,
In een van jou skrywe hierbo verwys jy na Kobus "wat katolieke en elke andersgelowige ter helle vervloek."
Wat bedoel jy met "andersgelowiges" Jy kan seer sekerlik nie bedoel dat elke "ander" geloof of te wel eerder "ander" godsdienste (UITsluitend die Christelike geloof wat die enigste Ware Geloof is) ook "ware" godsdienste is nie! Dink jy die Hindoes, Moslems, Boeddhiste en elke "ander" godsdiens en/of afgodsdiens Eer en Verheerlik Jesus Christus ons Here vir wie Hy is? Naamlik die Enigste Seun van God ons Vader in en deur wie Hy (God) ons almal wat voorheen verlore was gered het (Dit is al telkemale vir jou uitgewys uit die Lewende Woord van God). Dit en Dit Alleen is die Ware Evangelie en Niks "anders" (INsluitend alle "ander" godsdienste) Nie! Jesus Christus Is die Weg en die Waarheid en die Lewe en Niemand kom na die Vader (God) Behalwe deur Hom (Jesus) Nie! Wat verstaan jy Nie? Hou op om valshede en verdraaiings van God se Woord/Waarheid te verkondig en boonop sekere woorde te verander in God se Woord om jou verdraaide verkondigings te steun!
Jy kan nie saam die Boeddhiste in hulle "kerk" vir Boeddha aanbid asof hy/dit Jesus Christus verteenwoordig (in hulle godsdiens) nie, of saam met die Moslems aanbid - hulle wat nie vir Jesus Christus erken en bely vir wie Hy is nie - maar Mohammed aanhang. Hulle spot met jou/ons Verlosser en Saligmaker - Jesus Christus - en jy moedig hulle aan - jy ondersteun hulle! Die enigste manier hoe jy diesulkes en "ander" godsdienste na Werklike Redding kan lei is om hulle te vertel van die Genade Versoening wat God in en deur sy Enigste Seun, Jesus Christus, ons Here, bewerkstellig het en laat dan die Heilige Gees toe om Sy werk in hulle harte te doen. Hopelik maak hulle die deur oop wanneer Jesus Christus klop! Indien jy dit nie doen nie en hardkoppig jou eie valse ideologie bly aanhang, het die Genade Versoening van God ons Vader in en deur Jesus Christus, vir jou Geen waarde nie en verwerp jy Jesus Christus se Reddingshand wat Hy na jou toe uithou - "Look to Jesus and be Saved". Sien dit asseblief raak - en ek bedoel dit regtig in Liefde! Dit is nie arrogansie nie, inteendeel ek deel die Waarheid - die Enigste Ware Evangelie - met Liefde aan jou mee.
Vrede vir jou
Dolf (nie skuilnaam nie)
Dolf, baie dankie vir jou brief en geloofsbemoediging.
Afgesien van die briewe van my waarna jy verwys, kan jy gerus ook die ses briewe lees wat hoofsaaklik bestaan uit aanhalings uit Cornelius se briewe oor die tyd heen, wat handel oor Cornelius se vergrype aan die Woord en die identiteit van Jesus ons HERE en gelowiges soos Moses, byvoorbeeld, en ander lasterlikheid en vergrype oor die Verbondsark, ens. Dit sal jy 'n kykie in Cornelius se siel gee, wat hy probeer versluier deur die misbruik van die HERE se Naam en die HERE se Woord. Daardie briewe is in ses dele -
Deel 1; Deel 2; Deel 3; Deel 4; Deel 5 en Deel 6.
Dele 5 en 6 handel oor die okkulte en engele-aanbidding wat ook deur hom lasterlik onder die Naam van die HERE gepromoveer word - terwyl die Woord sulke dinge natuurlik direk verbied. Oral vleg hy die Naam van die HERE en die Woord in, asof dit so hoort. Lees gerus self, en sien waartoe hierdie kwaadwillige mens, Cornelius, in staat, is.
Wanneer Cornelius dus van die HERE Jesus Christus praat, is dit nie die ware HERE, die Seun van God nie, die Woord, soos ons die HERE ken en HY Homself aan ons geopenbaar het, nie, maar daardie verskriklike lasterlike versinsel wat uit sy skrywes blyk ... en so mislei hy aanvanklik mense wat dink hy is opreg, tesame met onophoudelike pogings om my (en ander gelowiges, wie ook onder sy fel tong deurloop) te probeer diskrediteer en my op so 'n manier die mond te probeer snoer - sonder enige effek, natuurlik.
Cornelius se bewering dat ek sou sê dat my mede-gelowiges my kwansuis sou eer, is maar net nog een van Cornelius se kwaadwillige versinsels. As mens kwaadwillig genoeg is om die HERE se Naam oneer aan te doen, en Sy Woord te verdraai en valse leerstellinge in Sy Naam te verkondig, soos Cornelius dit gereeld doen, wat sal hom dan weerhou om dieselfde en erger met mense te doen?
Cornelius is al jare lank met sy versinsels op hierdie forum aan die gang. Hy het, deur misbruik van die HERE se Naam, al dikwels goeie en getroue gelowige mense amper om die bos gelei deur sy misbruik van die HERE se kragtige Naam en ook sy misbruik van Bybelaanhalings om sy spirituele gif mee te verdoesel. Daarom dat ek gedurig maar sy lastering en kwaadwillige dwaalleringe uitwys, sodat goedgelowiges attend gemaak word op sy kwaadwilligheid. Maar nie lank nie, dan sien hulle deur sy versinsels en lastering, want die Gees beskerm hulle, natuurlik.
Ons voorreg as ware gelowiges, is om mekaar te bedien, en ons HERE te dien. Daarom is dit ook ons voorreg om dit met algar te deel en hulle op daardie manier ook te bedien.
Cornelius beskou dit as 'n aanval op hom persoonlik. Nie so nie - my teregwysing is gerig op die spirituele gif wat vanuit sy siel onder sy hand uitkom op hierdie forum en is hy al obsessief om my te probeer diskrediteer - asof hy daarmee saam die Woord sou kon diskrediteer. Min besef hy dat die HERE na Sy dienaars omsien en vir hulle getuig ... maar in daardie toestand, wie sal van hom enige wysheid en insig ontvang? Solank as wat hy die leweransier van daardie Spirituele gif is, sal hy natuurlik in die spervuur kom.
Maar, jou voorneme om jou te verdiep in die Woord van ons HERE, sal vir jou net nog meer wonderlike Spirituele seëninge en vreugde bring - 'n verhouding met ons HERE, deur Sy Woord, is 'n onbeskryflik genoeglike ervaring - soos jy self natuurlik al weet.
Ek kan vir jou net weereens bevestig welke bemoedigende en verrykende ervaring dit is om ook te sien hoe my ware broeders, die mede-gelowiges, die Waarheid hier uitbring, soos jy en Henry (ek sien hierbo die brief wat deur jou geskrywe is, maar onder Henry se profiel - neem aan dit is 'n redaksionele blaps?)
Terloops. Die sogenaamde skakel wat Cornelius verskaf vir die Afrikaanse teks waarin sy verdraaiings kwansuis aangetref kon word, bevat geen Bybelteks wat sy storie ondersteun, nie - is ons verbaas? Maar dit wys ook waar hy vryelik sy gif kan uitblaker - en hervul.
Groete,
Kobus de Klerk
Cornelius.
Komaan, ou Cornelius! Selfs jy kan beter doen as dit! Jy kan heeldag lank ons (Henry, Kobus, ens.) verwens en ons kommentare probeer "delete" (of so powerse poging soos hierbo aanwend). Maar jy en ander valse profete sal Nooit die Enigste Ware Evangelie van Jesus Christus ons HERE, kan "delete" nie. God se Lewende Woord staan Vas! - van die Begin af al en tot in alle Ewigheid!
Kobus,
Dankie ook vir jou ware geloofs ondersteuning. Ons wat In Christus is - ware gelowige christene, wat die Enigste Ware Evangelie bely en aanhang - is broers. Ook dankie dat jy Cornelius se laster briewe uitwys hierbo vir almal om (weer) te sien. Ek persoonlik, wil nie eintlik dit lees nie, want ek weet sommer dit gaan, soos al sy ander geskrewe, - 'n lasterlike gebabbel - 'n klomp verwerplike snert wees! Seker ook - "alle ander" gelowe/godsdienste en okkultiese saamgeflansde - onware dwaalleringe! Maar om Cornelius se "mistastende siel" te verstaan sal ek dit lees. Vergewe my asseblief vir wat ek nou gaan kwytraak, maar dit is net snaaks dat ou Cornelius ons gereeld inlig dat hy blykbaar op 'n gereelde basis "diep bos" toe gaan - hopelik om tot besinning te kom. Maar aan die ander kant sing hy dalk "Cumba-ja" saam sy oosterse en/of "anders" gelowiges/godsdienste manne, om die vuur, en verander die woord "my Lord" na dit wat hulle wil hoor! Ek spot regtig nie, ek probeer maar net die belaglikheid van sy argumente uitwys.
Vrede en Groete vir jou in Cristus Jesus ons Here!
Dolf (ek dink almal weet nou al my van is "van Loggerenberg" - so ek gaan nou vanaf net "Dolf" gebruik).
Nes Sataniste die katolieke se Nagmaalritus as kannibalisme bespot, net so bespot Kobus de Klerk die katolieke se kommunikasie in die Geesteswêreld in sy dobbelsteen met ses kante genaamd "Collage van waansin" ( Deel 1; Deel 2; Deel 3; Deel 4; Deel 5 en Deel 6. Verwag hiernaas 'n "deel 7" in Kobus se desperaatheid om te ontvlug van sy kenbare duiwelsgeestigheid).
Ek dink tog dat redelike wesens onderskeid tussen kommunikasie en gebed kan maak. Katolieke aanbid nie engele nie. Soos daar geskrywe staan; En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het. Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God. (Openbaringe 22:8)
Katolieke aanbid ok nie die moeder van Jesus, die Heilige Maria of enige ander Heilige die afgelope 2000 jaar nie.
Engele is ook nie mediums nie maar dienaars. Soos daar geskrywe staan; En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete? Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie? (Hebreërs 1:13)
Maar, engele dien wel as ons beskermers. Soos Jesus Christus onse HERE self waarsku; Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies (minder spiritueel intelligentes) verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is. (Mattheüs 18:10)
Dis slegs 'n enkele moontlike teregwysinge omtrent Kobus de Klerk se haat in sy dobbelsteen "collage van waansin" teenoor my.
Kobus het doelbewus die bronne van sy aanhalings weggelaat sodat geeneen die redeverband daarvan behalwe sy wraak daarin kan ken nie. Dit sal my lank neem om als te verantwoord. Ek bid wel dat daar in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE, die tyd daarvoor tog eendag aan my gegun sal word.
Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe.
Cornelius
Dolf,
Oral op aarde word ons almal se Almagtige Lewende in die een of ander taal en kultuur gedien. Nie almal ken die openbaring van God in Jesus Christus nie. Dis die wat die wel ken se roeping om dit aan die ander in God se liefde en genade uit te dra.
Intussen vloek Kobus en sy gevolg teen die aanroep van ons almal se Almagtige Lewende Skepper as Allah, HaShem, Jumala, !Kagen, Brahman, ... en enige ander wat anders as sy Germaanse klanke klink. Dis uiteraard iets wat saam kom met die meerderheid Afrikaners in hul apartheid Protestante ideologie waarin die kapitalistiese Anglo en Amerika gedien word.
ANDERHAAT, het iemand dit lank gelde op die werf gedoop ...
Dus, ek staan nederig teenoor ander se aanbidding tot ons ALMAL se Almagtige Lewende Skepper en deel die Goeie Nuus nes Paulus dit gedoen het naamlik dat Agnostos Theos, ten volle mens vir ons in Jesus Christus geword het.
Soos daar geskrywe staan; Want terwyl ek (Paulus) rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan 'n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle. Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee. En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag. As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie. God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek. Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê: Ons sal u weer hieromtrent hoor. En so het Paulus van hulle weggegaan. Maar sommige manne het by hom aangesluit en gelowig geword, onder wie ook Dionísius, die Areopagiet, was, en 'n vrou met die naam van Dámaris en ander saam met hulle. (uit Handelinge 17).
Dolf, let veral dat Paulus nie Hebreeuse dogma aan die Grieke gaan verkondig het nie, maar dat hy 'n Godsbeeld (Agnostos Theos) wat reeds aan die Grieke bekend was gebruik het en die Evangelie daarby gevoeg het.
Net vir interessantheid; my beskouinge en ervaringe van engele waarmee Kobus so spot kom uit katolieke werke wat juis met Dionísius, die Areopagiet verbind word.
Dolf, lees my bydrae oor Agnostos Theos hier http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=78323&cause_id=1270
Cornelius
Cornelius
Ek sit nou al die afgelope twee dae en blaai deur die argiewe. Dit is vir my hartseer dat Christene so met mekaar kan stry. Ek sukkel wel om jou tipe geloof te verstaan. Jy klou vas aan allerlei dinge wat nie deel is van die Bybel, Christenskap of Woord van God nie
Ek sien nie hoe jy hierdie dinge bymekaar kan bring nie. Ek sal graag wil he dat jy 'n klein opsomming gee van presies hoe jy glo en hoe al hierdie gelowe in mekaar steek. Ek se nie jou sleg in hierdie geval of probeer om jou van beter te oortuig nie. Ek dink net dat jou Geloof so uniek en vreemd is dat min mense dit kan verstaan. Daarmee weerspreek jy jouself telkemale en word jy woedend as mense jou daarop wys.
Cornelius, ek is 'n helse sondaar, en het al dinge in my lewe aangevang wat nie reg is nie. Maar ek probeer vasklou aan die God wat ek ken, en daarmee probeer ek my lewe regruk. Daardie God is die enigste God wat ek ken, maar ek het regtig simpatie met die wat sukkel om Hom te dien.
Laat gerus weet.
Dalk sal 'n nuwe skrywe ipv kommentaar die ding doen.
Barend