Beste Pieter
Jy dink nie voor jy praat nie.
Ek haal aan uit jou brief: "Nou weet julle almal: Dit is die wil van God dat vrouens verkrag word." Jy moes dit só stel: "Nou weet julle almal: Dit is die wil van God dat vrouens verkrag word volgens Richard Mourdock." Dit is mos die werklikheid, nie waar nie?
'n Ander verklaring vir jou onsinnige vertolking is dat jy dink dié Mourdock is 'n profeet en sy uitsprake vervang die Bybel, Koran en Talmud. Ek twyfel egter, ek dink jy is maar net weer op jou missie om jou (on)geloof aan die lesers te verkondig. Dít, of dis maar net weer 'n bietjie aandagsoekery.
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
Haai, ou Jan Rap, man! Jy het sowaar Pieter se brief net met 'n halwe oog gelees. Gaan lees weer, ou bees. As jy nog nie verstaan nie, kan g'n mens op aarde jou reghelp nie.
In October, Mr Donnelly, a conservative Democrat who opposes most abortions, was making the race unexpectedly tight.
Wouter
Welkom terug. Hoop dit is nie die laaste van jou gehoor nie. Jou skrywes die afgelope paar maande gemis.
Jaco Fourie
Baie dankie daarvoor Jaco
Angus jou karnallie, jy is alweer besig met disinformasie! Jy WEET jou vriendjie het homself weer in die voet in sy toegeverfde hoekie geskiet. Plaas dat jy probeer vertel waar ek sou mistas gebruik jy die ou demokraties-liberale (Piet Croukamp se beskrywing) truuk - skiet tangensiaal af (maak ’n irrelevante voorstel).