Vertaalkompetisie: Ariël

  • 0

Stilstand in duisternis.
Dan die substansielose blou
Uitskink van klipkop en vertes.

God se leeuin,
Hoe word ons nie een nie,
Spil van hakke en knieë! – die sloot

splyt oop en skiet verby, suster van
Die bruin boog
Van die nek wat ek nie kan inhaal nie,

 

Neger-oog-
Bessies gooi donker
Hake uit –

Swart soet bloed mondevol,
Skadu’s.
Iets anders

Sleep my deur lug –
Dye, hare;
Skilfer van my hakke af.

Wit
Godiva, ek skil af –
Dooie hande, dooie strenghede.

En nou skuim ek,
tot koring, ‘n skittering van seë.
Die kind se kreet

Smelt in die muur.
En ek
Is die pyl,

Die dou wat vlieg,
Selfmoordend, één met die driftog
In in die rooi

Oog, die kookpot van die oggend.

 

[Vertaal deur Paula Hartzenberg. Oorspronklike gedig deur Sylvia Plath..]
 

Klik hier vir meer besonderhede oor die kompetisie

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top