Spoeg en plak met lemmetjies

  • 7

Sjalom.

 

In die ou dae kon mense nie so maklik jou muis oor ’n getikte stuk sleep-kliek-copy&blerts nie.

Iemand wat in die ou dae sou kon doen met hierdie tegnologie is beslis Thomas Jefferson.

Om my punt te demonstreer, sleep-kliek-copy&blerts ek die volgende akkies die gesoute KobusdeK en Wouter Ferns uit die Wiki:

The Jefferson Bible, or The Life and Morals of Jesus of Nazareth as it is formally titled, was a book constructed by Thomas Jefferson in the latter years of his life by cutting and pasting numerous sections from various Bibles as extractions of the doctrine of Jesus. Jefferson’s composition excluded sections of the New Testament containing supernatural aspects as well as perceived misinterpretations he believed had been added by the Four Evangelists.

Using a razor, Jefferson cut and pasted his arrangement of selected verses from the books of Matthew, Mark, Luke, and John in chronological order, mingling excerpts from one text to those of another in order to create a single narrative. Thus he begins with Luke 2 and Luke 3, and then follows with Mark 1 and Matthew 3. He provides a record of which verses he selected and of the order in which he arranged them in his "Table of the Texts from the Evangelists employed in this Narrative and of the order of their arrangement."

The Life and Morals of Jesus of Nazareth begins with an account of Jesus’s birth without references to angels, genealogy, or prophecy. Miracles, references to the Trinity and the divinity of Jesus, and Jesus’ resurrection are also absent from The Life and Morals of Jesus of Nazareth. It does, however, include references to Noah’s Ark, the Great Flood, the Tribulation, and the Second Coming, as well as Heaven, Hell, and the Devil. The work ends with the words: "Now, in the place where He was crucified, there was a garden; and in the garden a new sepulcher, wherein was never man yet laid. There laid they Jesus. And rolled a great stone to the door of the sepulcher, and departed." These words correspond to the ending of John 19 in the Bible.

Daar’s voorwaar niks nuut onder die son nie ...

Thomas Jefferson se Bybel is ’n kosbare bron vir ’n ieder wat nie van bygelowigheid hou en wonders nodig het (behalwe dit in hul hart) om te glo nie.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn

  • 7

Kommentaar

  • Die ironie is prysloos. Henn wil nie spoeg en plak, maar gaan dan tog voort om so te doen. 

     
    Dit terwyl hierdie deelnemer, se verwysings juis nie Wikipedia is nie. 
     
    Wie kan nog onthou die brief van Henn se kant, die Afrikaanse weergawe van Wikipedia hier kom rapporteer is en voor dit die ontdekking van  eindelose inligting vanaf Wikipedia in die taal van Brit en na dit die geween en gekerm van hoekom is inligting nie vir Henn beskikbaar soos dit op die universiteite is nie. 
     
    Hoe ook al, die anti-Kobus roetine, die "goeie gelowige - nie 'n Christen nie", verveel eindeloos. 
     
    Bogenoemde Jefferson-Bybel is onsin, om nie bygelowig te wees, verg net om nie bygelowig te wees. 
     
    Juis die agterlaat van hierdie mites vir volwassenes en die wat soos kindertjies wil wees. 
  • CorneliusHenn

    Wouter, hierdie deelnemer se verwysing is ook nie uitsluitlik Wikipedia nie (met al my respek vir daardie wonderlike bron van kennis vir ons Alemanne). Ja, en hierdie deelnemer kon homself ook nie help om uit die stoel te lag vir daardie deelnemer (dis nou eintlik jy) se soort "wear the hat" spirituele intelligensie nie!

  • Jefferson se gesnyde en geplakte Bybel was eintlik 'n poging van hom om agter die ware verhaal van Jesus te kom.In 'n brief aan William Short,4Augustus 1820 skryf hy die volgende:

    "My aim [in compiling Christ's humanitarian maxims]
    was to justify the character of Jesus against the fictions of his pseude-followers...the follies,the falsehoods and charlatanisms which his biographers father upon him...That Jesus did not mean to impose himself on mankind as the son of God,physically speaking,I have been convinced."

    Interessante man, hierdie Jefferson. Het hom beywer om staat en kerk te skei en daarin geslaag om sy Anglikaanse denominasie te onttroon as die offisionele staatskerk.Hy het ook die "Virginia Act for Religious Freedom" geskryf, waarin geloofstoetse vir burgers verbied is.

    Terloops, hierdie is nie 'n spoeg- en- plak poging nie.My bron is:2000 Years of Disbelief:Famous People with the courage to Doubt-James A. Haught. 

  • CorneliusHenn

    Dankie Perdebytjie, ek leer elke dag!

    Ek het nog nooit nodig gehad om standpunt vir of teen die "Evangelie volgens Thomas Jefferson" te neem nie.

    Wat veral daaruit duidelik daaruit vir my is die algemene wysheid uit godsdienste oor die geskiedenis van die ganse mensdom heen.

    Ek dink dis 'n kosbare faset in morele opvoeding en 'n diadeem vir enige hart.

    Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
    Ekke

    (O ja Perdebytjie, my verwysing na die gespoeg en geblerts oppie werf is eintlik allegories bedoeld met spesiale erkenning aan die konings KobusdeK en Wouter Ferns daarvan).

  • Toon dan imbors en sluit my uit van jou beskuldigings, die meeste van wat jy hier plaas kan egter na Wikipedia gespoor word en dit is die kardinale verskil. 

     
    Jou Shekhina onsin het jy wie weet waaruit gaan grou, maar kon die buitelyne gevind word by Wikipedia in teenstelling met die vakkundige werk aangebied hier deur my wat op Scholem et al gewerk het. 
     
    Selfde met Taum, nota nommer 108 ongeveer waarop jy borduur het hier vanaf die Wikipedia artikel. 
     
    Dit is twee onlangses wat nou nog uitstaan. 
     
    Die Aquinas was net so power en pateties en dan dink jy jou laaste opdatering laat my met stof tot nadenke. 
     
    Nee wat, jy sal baie harder moet probeer. 
     
    En ook hierdie eindelose Anti-Kobus probeer wees, die goeie een, is dik vir 'n daalder. 
     
    Ek weet wat jy hier geskryf het en dit is meestal onsin. 
     
    Mary Poppins? 
     
     
  • CorneliusHenn

    Wouter, in teenstelling tot jou intellektualisme oor enige onderwerp onder die son (nes my Amigo in Adam), ken ek my onderwerpe uit ervaring. In genade weet ek hoe Shekhinah in harte geleef word.  

    Nes Kobus miljoene kreasionis bronne kan aanhaal wat die teendeel van evolusie veronderstel, net so haal jy bronne aan wat die teendeel van mense se godsdienservaringe veronderstel.     

    Nes jou bronne, bestaan Kobus se bronne ook ...

    Hoekom moet ek my onderhewig maak aan julle onderdrukkende intellektualisme?

    Wouter, godsdiens handel nie om goeters te glo nie. Dis die daad daaraan wat belewenis daarin gee. Godsdiens is etiese alchemie. Dis die optrede (gedrag) van 'n mens op so 'n wyse dat jy daarin verander; 'n navolging van heiligheid en gewydheid.

  • CorneliusHenn

    Maar Wouter, onthou al jou kritiek vir my deelsaamheid uit regte biblioteke vol van Brian Greene, Stephen Hawking, Carl Sagan, en vele ander op die werf?  

    Wel, nes Johannes Comestor jou ook al gevra het om jou diepte buite Google te demonstreer, net so gee ek jou (en Kobus) geleentheid in my bydrae "Skeppingsleer" om jul belesenheid buite die Internet te wys.  

    Jy gaan nie die antwoord kan Google nie.  

    Wouter, wie is die wetenskaplike wat ek in my bydrae "Skeppingsleer" vertaal het?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top