Solidariteit-radio op internet?

  • 2

Ek stem nie saam met Solidariteit dat hul Afrikanerbelange dien nie, hul dien hul lede wat geld betaal se belange alleen. Dis soos die Afrikanerbond, wat net sy lede se belange kan dien. As daar 'spin-offs' vir die breë Afrikaanse publiek, dan is dit net omdat minderhede nie namens 'n kollektief kan praat, met eksklusiewe eienaarskap nie, dis ’n kenmerk van diktators.

Afrikaner bestaan nie. Anglikaner bestaan wel, met meeste Afrikaanssprekendes wat Engelse tradisies en gebruike in 'n kultuur van populêre anglisasie. Neem onse eie Jan Rap wat rondborstig sy Anglikanerskap by geboorte beken het op LitNet. Dis 'n genetiese en tradisionele nalatenskap, wat jy nie na iets kan verander wat net as 'n mirage bestaan nie. Elke Afrikaanse geloofsgroepering in SA, het hul eie tradisies, wat hul lewens daagliks reël en dikteer. Bv Spade Reen, Sewende Daagse Avendtiste, Doppers, Katolieke, ens. Die vraag in debat is altyd, wat is die gemeenskaplike kohesie in Afrikaanse groepe in SA en dis altyd net 'n taal. Met Engels wat universeel is, is unieke kulture agv tradisies nou 'n universele 'volk' net op grond van die taal? Dis bloot 'n flagrante roekelose veralgemening. Dit wil lyk asof Solidariteit 'n kuber-tuisland bedryf, van radio Solidariteit op internet, tot 'n virtuele universiteit. Solidariteit het nog nooit uitdruklik in openbaar gestel dat hul oop is vir lidmaatskap van swart, bruin en Indiër net op grond van Afrikaanse taalvaardigheid nie en voorkeur is vir wit lede wat al ten minste 5 jaar ledegeld betaal. Solidariteit/AfriForum, Orania ens bly edms(bpk) met winsmotief op rug van 'n universele taal so eienaar. Taal alleen is nie hoeksteen vir 'n 'tuisland' nie en so ook nie 'universele christenskap' nie. 'n Tuisland het 'n kultus-kultuur as basis, bv Afriforum se duur 'klasaksie kultus-kultuur'.

Hans Richardt

  • 2

Kommentaar

  • Thys Human (PTA)

    Maar ons Afrikaners (nie Afrikaanses of Afrikaanstalige Suid-Afrikaners nie want daar bestaan nie werklik so iets nie) deel bv. nie die Engelse se liefde vir sokker nie en aan die anderkant van die spektrum is die Kaapse Klopse se Tweede Nuwejaar die eerste keer oulik en anders, maar die tweede keer vervelig.

    Jy moenie Jan Rap se halfgebakte sieninge sien as die van die Afrikaner nie.  Dis net effe beter as joune.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top